Verified Reviews
Kosmos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kosmos
Rated 4.3 out of 5 based on 37 reviews.
"Die informele nedersetting in Kosmos is 'n seer vir die oog en skep tog 'n veiligheidsrisiko."
"Net jammer van die plakkers in die middel van die woongebied. Dit is uiters afbrekend en 'n mens voel onveilig om daar te ry in die aand."
"Slegs een restaurant, by klubhuis, en die restaurant was nie 'n goeie ondervinding nie."
"Persone wat nie ‘n viertrekvoertuig het nie, gaan moontlik sukkel met die steiltes. Uitsig oor die dam is baie mooi."
"Kosmos het ongelukkig baie agteruit gegaan vandat ek in 2004 daar tuis gegaan het."
"Kosmos is 'n sekuritietskompleks op die wal van die Hartebeespoortdam. Dis baie veilig en beeldskoon."
"Dit is kommerwekkend om te sien elke tweede eiendom is in die mark. Iets is besig om in die omgewing te gebeur. Die sekuriteit by Kosmos Village was dierbare goeie mense, hulle was baie professioneel en is baie vriendelik en aangename mense."
"Die eerste keer wat ons in Kosmos was, vind dit 'n betowerende plekkie."
"Was vir eers bekommerd oor die plakkers wat daar gehuisves is maar die sekuriteit in Kosmos self is van hoë gehalte en laat die bekommernisse sommer vergete. Baie rustig en die mense wat daar woonagtig is is regtig baie vriendelik. "