Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Koster

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Koster bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 13 resensies.

Koster

Bem-Vindo Lodge

"Pragtige plattelandse atmosfeer met vriendelike, gasvrye mense."

Koster

Bem-Vindo Lodge

"Weet nie watse toerisme-besienswaardighede daar is nie."

Koster

Bem-Vindo Lodge

"Daar is nie veel in Koster te doen nie, maar daarvoor het die vriendelike diens en geselskap van Bem Vindo se mense goed voor opgemaak. Ons het as vreemdelinge daar opgedaag maar as vriende vertrek."

Koster

Over Tuin Guesthouse

"I was born in Koster and matriculated in 1970 in Koster - I will always have a soft spot for Koster!"

Koster

Bem-Vindo Lodge

"My besoeke aan Koster gaan dikwels gepaard met hengeluitsappies na Kosterdam sowat 27 km uit die dorp. Die pad na Kosterdam bederf my met natuurskoon en bosveld en as jy gelukkig is kan jy dalk nog 'n wildsbokkie ook te sien kry. Lafenis vir die siel as die natuurskoon en bosveld jou hart vinniger laat klop."

Koster

Bem-Vindo Lodge

"'n Dorp waar die gemeenskap probeer om 'n verskil te maak. Lekker om te hoor. Moenie begraafplaas toe ry nie. Daar's 'n reuse-vullishoop wat die pad versper. Wat die begrafnisstoete doen, weet nugter."

Koster

De Oude Stoor - Noordwes

"Still plek, vriendelike mense. Baie donker in die aand, straatligte swak of werk nie. Nogtans nie onveilig gevoel nie."

Koster

Bem-Vindo Lodge

"Ons was in die omgewing vir 'n familie byeenkoms, maar daar is baie meer om te sien as jy bietjie rondry! Die plaaslewe is 'n aantrekking! "

Koster

Over Tuin Guesthouse

"Hou van die stilte. Naby genoeg aan moontlike bestemmings in die omgewing. Dit is 'n klein dorpie wat 'n sjarme van sy eie het. Sal graag meer tyd daar en in die omgewing wil spandeer. Het gesukkel om inligting te kry oor wat in die nabye omgewing te doen en te sien is."

Koster

Over Tuin Guesthouse

"Die dorp in totaal is in 'n toestand."

Koster

Boe-Boe's Nest

"Daar word tans aan die paaie in die omgewing gewerk maar daar was min oponthoud. 'n Ttee en 'n half uur rit wat nie uitputtend is nie en baie mooi gedeelte van die land om te besigtig. Definitief die moeite werd om te gaan."

Koster

Boe-Boe's Nest

"Koster is 'n plekkie met sy eie bekoring, maar daar is veral oulike plekke in die omgewing."

Koster

Salenco Guest House

"Koster is een mooi plek om uit te rusten, een pragtige omgewing en ook centraal in het westen van het land, vroeger west Tranvaal, goede uitvals basis voor SunCity, Rustenburg en andere wild gelegenheden in de buurt, helaas is het geen vakantie dorp maar kom je lekker tot rust."