Geverifieerde Resensie
Leeupoort Vakansiedorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Leeupoort Vakansiedorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 115 resensies.
"Baie baie oulike plekkie veral as jy wil wegbreek vanuit die stad. 'n Paar grondpaaie is net nie mooi instand gehou nie."
"Ons geniet elke oomblik in die bos. Die wild beweeg vry tussen die wonings. Wild soos koedoes, zebras en ander kleiner boksoorte word gereeld opgemerk."
"Paaie kan net bietjie opgeknap word. En winkel is vrek duur. Sal dalk aanbeveel om soos mense uit te vat na Uitkyk toe."
"Geld gewys is dit die moeite werd en om jou siel te vul met die skoonheid van die natuur."
"Ons sal beslis weer daar gaan kuier. Die kinders love die diere, fietsry, swem en stap. Net wat ons nodig gehad het om uit die besige stad te kom."
"Ons as familie is aangenaam verras gewees. Dis 'n pragtige omgewing, baie veilig, kindervriendelik. Dis nie ver van Pretoria af nie."
"Dis pragtig in die Bosveld geleë en die wild stap tussen die huise rond. 'n Onvergeetlike ervaring."
"Small, very friendly community! I especially appreciated the lady at the veggie shop being friendly and helping us on a Sunday afternoon past business hours! Great place. Everyone needs to see this town."
"Kort dalk meer swem-areas. Paaie het heelwat spoelskades gehad (bietjie erg vir 'n sedanmotor) as gevolg van sikloon Helios, maar was nogtans rybaar. Die oord se aanduiding na waar die reservaat is kort dalk "bietjie aandag". En uitleg van paaie/roetes in reservaat."
"’n Besonderse bederf weg van alles af. Definitief my gunsteling vakansieplek. Veilig en skoon met baie diere en vriendelike mense."