Geverifieerde Resensie
Leeupoort Vakansiedorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Leeupoort Vakansiedorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 122 resensies.
"Baie baie oulike plekkie veral as jy wil wegbreek vanuit die stad. 'n Paar grondpaaie is net nie mooi instand gehou nie."
"Ons geniet elke oomblik in die bos. Die wild beweeg vry tussen die wonings. Wild soos koedoes, zebras en ander kleiner boksoorte word gereeld opgemerk."
"Alhoewel Leeupoort 'n baie lekker bestelling is, is dit meer van 'n gemeenskap as 'n toeristebestemming"
"Paaie kan net bietjie opgeknap word. En winkel is vrek duur. Sal dalk aanbeveel om soos mense uit te vat na Uitkyk toe."
"Geld gewys is dit die moeite werd en om jou siel te vul met die skoonheid van die natuur."
"Ons sal beslis weer daar gaan kuier. Die kinders love die diere, fietsry, swem en stap. Net wat ons nodig gehad het om uit die besige stad te kom."
"Dit is mooi wêreld met mooi mense. Die diere is die grootse aantreklikheid. Dit is regtig 'n plek wat jy besoek om rus vir siel, gees en liggaam te kry."
"Ons as familie is aangenaam verras gewees. Dis 'n pragtige omgewing, baie veilig, kindervriendelik. Dis nie ver van Pretoria af nie."
"Dis pragtig in die Bosveld geleë en die wild stap tussen die huise rond. 'n Onvergeetlike ervaring."
"Small, very friendly community! I especially appreciated the lady at the veggie shop being friendly and helping us on a Sunday afternoon past business hours! Great place. Everyone needs to see this town."