Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Marloth Park

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3395 resensies.

Marlothpark

Klein Huisie

"Pragtige plek en vriendelike mense."

Marlothpark

Ostrich Cottage

"Heerlik rustig, na aan die Kruger Wildtuin. Fantastiese uitspanplek."

Marlothpark

Meerkatgat 3341 Seekoei Road

"Sal volgende keer net dae bly, te rustig vir ons."

Marlothpark

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Interne paaie swak na reën."

Marlothpark

Manzini Kruger River View

"Altyd lekker om daar te kuier. Meer as genoeg vir kinders om te doen met diere wat gereeld op ons stoep kom kuier het."

Marlothpark

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Marlothpark is 'n klomp huise in die bos, en dis omtrent dit, dis wel lekker naby die Krugerwildtuin, en kan jy maklik as dagbesoeker die wildtuin besoek."

Marlothpark

Marloth Wild Fig

"Die paaie is skrikwekkend."

Marlothpark

Bosbok Chalets

"Die park is vir 'n sekere groep natuurliefhebbers, en klein kindertjies. "

Marlothpark

Thutlwa

"Marloth het sy waarde verloor met elke 30 meter 'n huis, ook was daar in die aand musiek die hele naweek en mens kon die bure hoor kuier, lag en party, as jy wil gaan vir 'n kuiernaweek great, as jy vir rustig in die bos gaan, mors jy jou tyd."

Marlothpark

Luxury Guesthouse Co @ RomanticaHouse

"Marlothpark is 'n lekker plek, maar het maar agteruitgegaan. Veiligheid het aansienlik 'n probleem geword, en dis bewys deur al die sekuriteit byeenkomstes. Daar is ook omtrent permanent 'n gebouery, wat geraas beteken en 'n oormaat van werkers."

Marlothpark

Sonop in Marloth

"Lekker naby Kruger."

Marlothpark

Nature Rest

"Marloth Park is a small village with only just the basics available at the shopping village."

Marlothpark

1632 Moddervis

"The roads are not well maintained but overall the experience was pleasant."

Marlothpark

Marloth Bush Retreat

"Dis 'n moet op elke natuurliefhebber se lysie."

Marlothpark

KaiZen Honeybadger Lodge

"Sal die park weer besoek."

Marlothpark

Siyaya

"Drade teen Kruger Park grens al vir die afgelope 2 jaar wat ons Marloth besoek nog nooit herstel nie. Gaan hulle wag tot mense aangeval word deur wilde diere?"

Marlothpark

Esa Nui Sanctuary

"Ons het die stilte in die bos geniet. Sommige strate is vir ons te digbevolk. Die mak diere is seker vir stedelinge wonderlik, maar vir ons was dit onnatuurlik. Tog was dit lekker in Marloth!"

Marlothpark

South Post at Kruger

"As jy bang is vir wilde diere, glo ek nie Marloth is die regte plek nie, daar is baie wild oral om jou. As jy 'n persoon is wat lief is vir die natuur en die natuur en diere respekteer — enige tyd. Marloth is in die bos, presies net dit, niks meer niks minder — perfek vir natuurliefhebbers."

Marlothpark

Serendipity Kruger Lodge

"Indien jy iets vergeet het by die huis, het die winkels binne in Marloth als wat jy nodig het. Anders is die Spar in Komatiepoort puik!"

Marlothpark

Doringpoort: Delagoadoring

"Wat 'n belewenis! Kom beslis volgende jaar terug!"

Marlothpark

Korhaan Self-Catering Cottage

"Een van ons gunsteling-bestemmings."

Marlothpark

Marloth Park Eland 3364

"Baie lekker kuierbestemming, maar die paaie is maar 'n uitdaging, veral as jy nie 'n hoë voertuig het nie."

Marlothpark

Debrico's AmaBush Lodge

"Sekuriteit by hoofhekke."

Marlothpark

Galago's Nest Bush Chalets

"Marloth is 'n baie nice plek. Sal dit aanbeveel vir enige gesin wat wil wegkom en rustigheid soek."

Marlothpark

Absolute Safari Guest Lodge

"Dis nie 'n netjiese wildspark nie. Die paaie is nie goed nie. Daar is so baie bouers en verkeer in en uit. Dit skep nie 'n veilige omgewing nie. In die nag hoor jy verbygaande verkeer."

Marlothpark

Visarend's Roep

"Dis 'n sprokieswêreld. Dit skreeu vakansie as mens daar aankom."

Marlothpark

Hakuna Mipaka - Bos Sprokie

"You will enjoy the park."

Blad
Blad 2 - Wys 31 tot 60