Geverifieerde Resensie

Marloth Park

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.

Marlothpark

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Veilige area met baie wild wat vrylik tussen die huise rond beweeg. Die huise is lekker afgesonder en privaat. Die Krugerwildtuin en Komatipoort is ook net om die draai."

Marlothpark

Acacia Bush Cottage

"Altyd spesiaal in mooi natuurskoon met wilde diere op 'n mens se voorstoep."

Marlothpark

Phumangeni Marloth Park

"Dit is nou al die tweede keer wat ons daar kuier en dit bly nog besonders met die eenhede so weggesteek in die bos en die diere wat so naby kom - dit maak dit 'n buitengewone kuiertjie. Ons sal beslis weer wil gaan."

Marlothpark

Lionsview Private Lodge - 4 Lions, 4 Sleeper

"Ons eerste kuier en beslis nie die laaste nie. Verlief geraak op die plek!"

Marlothpark

Kudus Crest Bush Retreat

"Diere is mak en kom tot op die stoep. Ongelooflike ervaring. Bouers het geraas en oornag op site langs ons. Dink alle bouers moet 16:00 van sites af wees. Ons het maar gedurende die dag rondgery, maar van 16:00 wil mens die rustigheid ervaar."

Marlothpark

Visarend's Roep

"Marloth is stil en alles is beskikbaar teen 'n bietjie hoër, maar dit is nie so erg nie. Daar is plek vir uiteet en ander winkels wat jy kan besoek sonder om die park te verlaat."

Marlothpark

Phumangeni Marloth Park

"Te veel aanbouings. Die plek gaan oorbevolk word as dit so aangaan."

Marlothpark

Doringpoort: Delagoadoring

"Natuur is baie mooi."

Marlothpark

Royale Marlothi Safari Lodge

"Dis die lekkerste vakansiewegbreek as jy net bietjie wil wegbreek van die stadsgejaag. Home away from away effek. Een van ons gunstelingplekke!"

Marlothpark

Kruger River Retreat

"Ons geniet die rustigheid van Marlothpark ongelooflik."

Marlothpark

Kruger Kurper Villas

"Marlothpark baie kommersieel geraak. Dit raak baie besig met werkers wat in en uit ry. Aande is die beste wanneer dit stil en rustig is. Nogtans heerlik om die wilde diere te beleef."

Marlothpark

3875 Eagle

"Goeie sekuriteit, mooi plek, heelwat wild. Duur diesel. Nabygeleë basis as jy dagbesoeke wil doen in Krugerwildtuin. Goedkoopste diesel is by depot in Komatipoort."

Marlothpark

4230 Impala

"Baie veilig en stil as jy lekker wil rus."

Marlothpark

Meerkatgat 3341 Seekoei Road

"Fantastic place, we have been quite a few times and it is always relaxing and feels like you are in the actual Kruger Park when staying at certain properties. I love the fact that the locals and permanent residence/community look after the main focus which is the environment and wild animals. It is truly a special place and every visitor should respect it and enjoy it."

Marlothpark

Die Hartbeeshuisie

"Maak 'n draai by Henk van Rooyen se plek vir 'n onvergeetlike sonsondergang."

Marlothpark

Zwana Nathi

"Just absolutely loved it."

Marlothpark

Spoorsnyertjie

"Lekker rustig buiteseisoen. Geleë teen wildtuin. Baie wild te sien. Paaie net nie goed nie!"

Marlothpark

Buffalo Chalets Marloth Park

"Kan die eienaarsvereniging asb. net die paaie bietjie regmaak. Ek moes verskeie kere ompad ry na d ander uitkykpunte. Veral Seekoei-weg is 2x plekke onbegaanbaar vir gewone voertuie."

Marlothpark

Buffalo Chalets Marloth Park

"Die bestuur moet oorbeweiding bestuur. Die verkoop van bokplille vir die voer van die diere moet afgeskaf word. Die diere kom gevaarlik naby die inwoners wat met 'n skielike beweging deur die diere se horings of tande van die vlakvarke ernstig beseer kan word. Die skouers van die teerpaaie verdien ook instandhouding."

Marlothpark

4230 Impala

"Wees maar voorbereid vir baie slegte paaie, watertekort en geen elektrisiteit."

Marlothpark

515 on Warthog by the River

"Baie lekker vir ontspanning."

Marlothpark

3487 Steenbok

"Mal oor die bos!"

Marlothpark

My Bushhouse

"Daar is baie rondlopers wat maklik in die ruigtes kan verdwyn. Dit kan 'n veiligheid risiko wees."

Marlothpark

Marlothi Safari Park

"Baie naby aan Krokodilbrug wat toegang tot die Kruger gee."

Marlothpark

Serenity Du Bois Lodge

"Marloth het geen bekendstelling nodig nie en die bos bied die nodige lafenis vir mens se siel."

Marlothpark

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Veiligheid moet na gekyk word veral by hek-ingaan."

Marlothpark

Walking Tall Private Bush Retreat

"Die grondpaaie kort beslis aandag. Die paaie is baie verspoel en moeilik om met 'n gewone voertuig daar te ry."

Marlothpark

My Bushhouse

"Gerieflik naby die Krugerwildtuin."

Marlothpark

Kierieklapper River House

"Ons was maar senuweeagtig oor die veiligheid, weens die alarm wat ons op aanvraag van die gashere saans moes aktiveer. Ons is net bekommerd dat mens op een of ander stadium daar ook deel van die misdaadstatistiek gaan word."

Blad
Blad 31 - Wys 901 tot 930

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang