Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 83 resensies.
"Ons was daar vir atletiek nie vir toerisme nie. Middelburg is egter sentraal geleë vir besoek aan plekke soos Dulstroom wat in sy guns tel."
"Het op Middelburg grootgeword en skoolgegaan. Die middedorp baie agteruitgegaan en is verwaarloos."
"Ek sien Middelburg glad nie as 'n toeristebestemming. Dis regtig net nog 'n gemiddelde plattelandse dorp met klomp mynbedrywighede in die omgewing. Hy het darem 'n ordentlikke winkelsentrum vir aankope wat verseker 'n pluspunt is."
"Naby country club, goeie etes en baie verskillende sportsoorte, maar relatief ver van Middelburg Mall, in ‘n woonbuurt."
"Die Middelburg park run (Saterdae om 08:00) is baie besonders en 'n aanbevole belewenis."
"We spent our time in Middelburg at the Middelburg Dam. The dam was very nice and a good destination for Bass fishing. The launch area at the public campsite near the dam wall was neat, tidy, and safe."
"Lieflike netjiese en vooruitstrewende dorp, 'n sprankie inspirasie op die platteland."
"Dink nie daar is veel meer te sien in Middelburg nie. Ons was by Botshabelo en was uiters geskok oor die toestand van die plek en daar is net mooi niks oor om te sien nie. Alles is geplunder. "
"Baie skoon stad en mense baie vriendelik. Daar is geen of min vermaak en besienswaardighede."
"Dit lyk of die munisipaliteit werk, maar ek weet te min van die omliggende fasiliteite om regverdig te oordeel."
"Die dorp, Middelburg, self is nie juis 'n toeristebestemming nie, maar is sentraal geleë vir verskeie besienswaardighede, trou-venues, nie ver van Loskopdam af nie en ook ander oorde, ens. in die omgewing.,"