Geverifieerde Resensie
Mkhondo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mkhondo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.1 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Die paaie is onbegaanbaar vir 'n gewone voertuig - slaggate in en om Piet Retief - dan is daar ook die ontelbare trokke wat daar moet deurbeweeg. So, al is daar baie besienswaardighede en plekke wat die moeite werd is om te besoek, is dit nie veilig vir jou voertuig nie."
"Mkhondo is busy expanding with lost of new upcoming places. They have a McDonalds now, Roman's Pizza and Burger King is also coming soon. Eskort Shop for all your pork products, whole new shopping centre."
"Weens die geweldige gebruik van steenkooltrokke is die paaie van Delmas en deur na Paulpietersburg erg beskadig met honderde slaggate. Die paaie in die woongebied ook erg beskadig en plek-plek onrybaar."
"Dele van die dorp self is vervalle, die paaie is in 'n haglike toestand, baie kragonderbrekings ens ens ens."
"Toegangroetes is 'n groot probleem. Die N2 (Hendrina oor) is 'n baie gevaarlike, nou pad om by Mkhondo uit te kom/oornag. Alhoewel min slaggate as sulks, is die pad baie ongelyk weens die teer lappieskombers. Saam met hoe troklading en ander oponthoude soos betogings, brandende bande verleng dit aankomstyd by bestemming aansienlik. Dit skep frustrasie by alle motoriste en die padreëls word roekeloos oortree."
"Netjiese, skoon dorpie, dit wat ons kon sien. Pragtige, bergryke omgewing met plantasies. Baie trokke en padverkeer tussen Ermelo en Mkhondo."
"Nie my plek om vakansie te hou nie. Ons het net oornag terug na ons woning."
"Net daar deurgery en vir 1 aand geslaap. Die paaie is regtig baie swak. Oral in en om die dorp is groot slaggate."
"Mkhodo is a fun place with lots of accommodation. We simply chose one that was not ready for people like us. We enjoyed the mall, drove to town and ate at the Spur which our children enjoyed very much."
"Die pad in en uit die dorp laat jou keel toe trek! Van die hoofpad af lyk dit heeltemal anders. Mooiste groot bome en pragtige tuine. Die hoofstraat doen skade!"
"Mkhondo is a quiet little town, there are a handful of nice little restaurants and it's perfect for a stop over on route to Sodwana. Would recommend if you are looking to break the long trip."