Geverifieerde Resensie
Naboomspruit
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Naboomspruit bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 143 resensies.
"Dankbaar vir basiese winkels soos Shoprite en Wimpy, wat skoon was en redelik met hul pryse. Die ander besighede/winkels en slaghuise was uiters duur. Vleis is baie duurder as in Pretoria en dit was nie lekker om te sien hoe van die mense in die slaghuise die vleis hanteer nie. Met die terugry na Pretoria op die alternatiewe roete, het ek baie plekke gesien om 'n volgende keer eerder te probeer."
"Als wat jy nodig het is beskikbaar, by OK Supermark en groot slaghuis naby die oord (2.5 km). Baie eetplekke in en om die dorp, sowel as klein en groterige winkelkies om in te snuffel."
"Daar is nie veel om te doen in die omgewing nie, behalwe om Die Oog te besoek."
"The street to go to Mount Amanzi is gravel, if the can change that for us with small cars."
"Straatname en strate benodig opknapping duideliker aanwysings is nodig want daar kom baie toeriste deur Naboom na al die oorde daar naby. Die dorp lyk verwaarloos."
"Dorp lyk baie beter as 'n paar jaar gelede. Strate word oorgedoen. Ietwat van 'n probleem om by 'n plek te stop, a.g.v. die padwerke. Indien die paaie klaar oorgedoen is, sal dit die moeite werd wees vir toeriste om daar inkopies te gaan doen. Dorp is baie skoon. Sal definitief die dorp binnekort weer besoek."
"Bly nou byna 2 jaar in Naboomspruit en ons dorp is binne-kort weer terug op die "map"."
"Die dorp is in 'n redelike swak toestand. Miskien omdat daar haglike padwerke is. Die blyplek by Trados het egter opgemaak daarvoor."
"Mooi en vriendelike dorpie. As die padwerke eers klaar is sal dit 'n plesier wees om daar te wees."
"Euphoria Gholfbaan en Spa is 'n moet vir enige besoeker in die area."
"Mense is baie vriendelik en dit is fantasies om te sien dat die stadsraad besig is om die paaie op te gradeer."
"WiFi en selfoonontvangs was bitterlik sleg en het dit baie moeilik gemaak om te kon werk."