Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Namaqualand

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1698 resensies.

Hondeklipbaai, Namakwaland

The Dogstone Cottage

"Dit is 'n baie klein plekkie, daar's nie groot winkels nie, ook nie petrol nie. Gooi vir die laaste keer in voordat jy afdraai na Hondeklipbaai. Ons Camini het daar begin, en wat 'n belewenis. Dis lewensveranderend. Die Dop en Kreef Restaurant is so eie aan die plek met die lekkerste viskos. Baie dankie!"

Hondeklipbaai, Namakwaland

Fisherman's Cottage

"Wow, meer as wat ek verwag het. Dis een ongerepte, ongelooflike, lieflike plekkie wat ek sommer my tuiste wil maak."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Vori-Klip Accommodation

"'n Moet besoek. Gaan eet by die Rooi Spinnekop restaurant. Andre die eienaar is baie vriendelik en sy kos is fantasties."

Namakwaland

Noordoewer Gastehuis

"Baie vriendelik en toeristegeoriënteerd."

Springbok, Namakwaland

Liefland Cottages

"Mooiste natuur en vriendelikste mense. Soveel te sien, veral as jy hou van die mooiste klippe, rotse en plantegroei."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Honne-Pondokkies

"Onskuldige, pragtige dorpie. Sal ons hopelik gou weer sien."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Vori-Klip Accommodation

"Lekker, rustige dorpie waar jy kan ontspan. Regte Weskus-seedorpie!"

Hondeklipbaai, Namakwaland

Langenhoven Cottage

"As jy 'n luukse vakansie met baie doendinge verwag, is dit nie die plek vir jou nie. Regte visserman-dorpie. Pragtige strande wat jy slegs met 'n 4x4 kan bereik."

Springbok, Namakwaland

Nettie's Overnight Accommodation

"We enjoyed the shops opening at 8am! We needed an early start."

Namakwaland

Naries Namakwa Retreat

"WiFi wou nie lekker werk nie, maar dit was a.g.v. erge loadshedding. Dus was dit buite hulle beheer."

Springbok, Namakwaland

Chef's @ 6 Selfsorg Eenhede

"Sal daar gaan bly. Noord-Kaap groei op mens. Lieflikste sonsondergangfoto's buite Springbok geneem. Vriendelike mense op dorp. Voel veilig."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Honne-Hemel: Oubaas

"Restaurant se kos is tops en as die vissers terugkeer met hul vangs is dit 'n belewenis om te sien hoe 'n mens van die see kan lewe."

Kleinsee, Namakwaland

The Beach Cottage Kleinzee

"Kleinsee is pragtig, net baie ver."

Springbok, Namakwaland

Leopard Tree Guesthouse

"The heart of the Namaqualand."

Springbok, Namakwaland

Herb Garden Restaurant & Accommodation

"Baie verwaarloosde dorp met swak paaie."

Hondeklipbaai, Namakwaland

HonneHokke Resort

"Dit is 'n pragtige skoon dorp. Mens kan sien die munisipaliteit sit geld terug in die dorp in. Die ondervinding is definitief die van 'n Noord-Kaap omgewing. 'n Plek waar mens rustig kan word. 'n Moet bestemming."

Kamieskroon, Namakwaland

Kamieskroon Cosy Cottages

"Blommetyd is Kamieskroon sentraal vir daguitstappies. Pragtige omgewing."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Honne-Pondokkies

"'n Moet-besoek vir enigeen wat rustigheid soek."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Baie mooi dorp met 'n goeie Namakwa-voorkoms. Die mooi omliggende berge maak dit die dorp om tyd in te spandeer. Dis baie natuur-agtig."

Springbok, Namakwaland

13 Steps

"Springbok self is 'n baie mooi dorp, die pad raak net lank op pad daarheen."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Vori-Klip Accommodation

"Baie rustige atmosfeer, as jy 'n week hier moet bly sal jy soos 'n nuwe mens voel. Die paaie is nie te sleg nie."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Die Baai se Bek

"The place is beautiful. Worth seeing."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Nie meer die dorp van 20 jaar gelede nie."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Honne-Pondokkies

"Baie oulike kusdorpie, vriendelike mense, stapvriendelik."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Vori-Klip Accommodation

"Dit was vir my baie hartseer dat die Kreef fabriek so verwoes is. Die paaie was net erg sleg as vevolg van die baie reën en die pad tussen Hondeklipbaai en Koinaas was weggespoel. Kan vir baie langer tye daar gaan rus. Die sonsondergang en die see is net wonderlik. Dis 'n wonderlike plek."

Namakwaland

Noup

"Dit is mooi."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Honne-Pondokkies

"As jy wil rus en vrede hê ver van alles en almal, is dit die plek vir jou."

Hondeklipbaai, Namakwaland

Vori-Klip Accommodation

"Besoekers aan Hondeklipbaai onthou om genoeg kontant saam te neem en alles wat jy nodig het vir jou verblyf. Naaste inkopieplek is Springbok. Daar is privaat restaurantjies om lekker te eet. Wees gereed om baie grondpaaie te ry. Meeste van die paaie is in 'n goeie toestand."

Namakwaland

Brandrivier

"Hartsplek met baie waardevolle inwoners."

Blad
Blad 11 - Wys 301 tot 330
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem