Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 543 resensies.
"Dorpie is uniek, maar nie veel om te doen nie. Stel vir seker net oornag oor. Twee aande was bietjie baie."
"The end-of-the-year festival of lights should be on your bucket list! It was an amazing event!"
"Dit was ons derde verblyf in Nieu-Bethesda en was weer net so aangenaam soos altyd. Die dorp en sy mense is besonders en die "festival of lights"-optog deur die dorp op Oujaarsaand sal ons baie graag weer wil meedoen."
"Nie 'n plekkie wat mens toevallig op afkom nie. Maar pragtig, eiesoortige skoonheid."
"Kort stuk grondpad op pad in, maar dit bou in die avontuur in. Vat die tweede afdraai Nieu-Bethesda toe as jy van Bloem se kant af kom. Bly dalk 'n ekstra dag, want daar is baie klein plekkies en besienswaardighede om te besoek. Onthou ook daar is geen vulstasie of ATM op die dorp nie."
"Voorwaar 'n juweeldorpie wat besoekers gerus na toe kan afdraai en gaan kuier. Ons het 'n ekstra dag daar spandeer en dit was die moeite werd. Ons wense vir Nieu Bethesda is dat hulle al hoe meer besoekers sal kry wat hulle dorpie geniet. Dis pragtig, rustig, skoon met vriendelike mense."
"Beautiful little hamlet, tucked away from all rate race of modern society. Beautiful little town."
"Eastern Cape tourism is highly underrated in this area as well as the next town Graaff Reinet. What a truly clean and spectacular part of the country. The most friendly people wherever we went. Great experience at the both the owl house and the fossil centre. More people need to visit this town."
"Dit is 'n baie oulike dorpie met baie besienswaardigede, soos die uil huis, fossiel uitstalling, pragtige kuns uitstallings asook baie lekker eetplekke. Die paaie is ook nie te sleg nie alhoewel daar wel potholes is."
"Many other quiaint sights to see, on foot, apart from the Owl House in this Quirky town, welcoming locals, and lovely restaurants."
"Nieu-Bethesda is een van my gunsteling dorpe in die land. Die rustige atmosfeer van die dorp is werklik 'n lafenis vir die siel. Die Uilhuis is 'n unieke ervaring en kan werklik aanbeveel word. Ek stap graag deur die dorp om 'n gevoel van die platteland te kry en was nog nooit teleurgestel deur die vriendelikhed van die inwoners nie. As jy nog nooit in Nieu-Bethesda was nie, is dit jou verlies. Maak gerus daar 'n draai."
"A must-visit town, this is my fourth vist over the last 15 years and it just keeps on getting better."
"Dit is 'n plek wat mens in jou leeftyd wil sien en nie noodwendig weer na sal terugkeer nie."
"Nieu-Bethesda het ons verras. Pragtige kerk, mooi omgewing, die Uilhuis is uniek. Sal beslis weer besoek!"
"The big attraction of the Owl House was what it was but not my sort of thing. Just loved the smallness of the village and how it survived before becoming a tourist attraction. Pity about the Village Inn which was the only place to eat. "