Verified Reviews
Nieu-Bethesda
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nieu-Bethesda
Rated 4.6 out of 5 based on 543 reviews.
"Almal is vriendelik en gasvry en soos voorheen genoem ons gidse het alles vir ons net insiggewend en interessant gemaak, hul interaksie met mense is uitstekend, sal die boesman tekeninge en fossiele by museum definitief aanbeveel. Uilhuis was baie insiggewend en interessant gewees oor ietsie van ons geskiedenis van 'n bekende in ons land."
"Loved the town and the vibe. Will be back to spend a weekend so we can explore properly."
"Nieu-Bethesda is 'n regte "quaint" dorpie sonder enige verkeers- of straatligte waar 'n mens nog veilig voel om na donker in die straat te loop - 'n welkome wegbreek van die besige stadslewe. Dit was ons derde besoek aan die dorpie en ons sal weer daar gaan oornag."
"Baie geskiedenis en oulike plekkies. Nie vir tieners vir langer as twee dae."
"Wonderlike plek. Besoek ook die kerkhof en vind Helen Martins se grafsteen!"
"Die dorpie is bekoorlik en het soveel wegsteekplekkies wat afgerond word met die mooiste sonsondergang."
"Pragtige, rustige, plattelandse dorpie met lieflike restaurante en vriendelike mense, my gunstelingplek. "
"Die plek en sy mense is met so veel talente geseën, mag ons Vader hulle seën met alles wat hulle aanpak."
"Pragtige dorpie. Jy moet dit per voet verken om die mooi plekkies en al die rose te sien."
"'n Dorpie wat ons beslis weer gaan besoek. Dit het soveel om te bied en om elke hoek en draai wag 'n interessante verrassing."
"We didn't have the opportunity nor sufficient time to explore. What we did explore was well presented, clean, homely and warm."