Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16384 resensies.
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Astrandt 3"Paternoster is een van die plekke wat ek die lekkerste vakansie gehou het. Dit is absoluut die mooiste plek."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Flamingo Park A2"Skoon dorp met alles wat jy benodig vir 'n prettige vakansie."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paternoster's De Oude Muragie"Dit is 'n pragtige dorpie met baie karakter."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Church Hills Boutique Guest House"Pragtige dorp met 'n heerlike, outydse sjarme. Heelwat besienswaardighede in en om die dorp. Lekker eetplekke."
"Bring alles saam wat jy nodig het, maar die winkel verkoop basiese benodigdhede."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
At Patat Cottage"Clean beach, friendly locals and nearby good restaurants."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Marianne's Self-Catering Flat"Langebaan en omgewing asook die Natuurreservaat is ongelooflik mooi!"
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Lewens-Essens B&B on C"Pragtige Weskus dorp met 'n heerlike atmosfeer en netjiese voorkoms. Pragtigste sonsondergang oor die water. Gerieflik geleë binne 1 uur vanaf Kaapstad en met Darling net 15 km weg is dit 'n goeie keuse vir 'n heerlike vakansie."
"Agulhas is 'n fantastiese plek. Sal enige tyd as ons die kans het weer daar kom kuier."
Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Absolute Beach"Dis 'n wonderlike plek vir mense wat wil wegbreek uit die gejaag van die lewe, dis 'n absolute kans om te rus en niks te doen nie."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Baviana Beach Lodge"Ons sou graag vir Jacobsbaai 4 sterre wou gee, maar die tekort aan winkels om voorraad aan te vul, asook plekke om by te eet is 'n groot leemte, want 'n mens kan nie elke dag na Saldanha toe ry om inkopies te doen of uit te eet nie."
Blouwaterbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Kyki-C"Dit is lekker stil by Blouwater Baai, maar tog naby besighede en ander besienswaardighede. Ek sal dit beslis kan aanbeveel."
Elandsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
E'bay Apartments"Dis rustig en lekke wegbreekplek! Ek sal weer teruggaan en weer van LekkeSlaap gebruik maak."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Great White Accommodation"Uitstekend vir haaihokduik met 'n baie lekker restaurant. "
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Wildebraam Berry Estate"'n Pragtige, historiese dorp met baie om te doen en te sien. Daar is heerlike staproetes en uitstekende restaurante. Die museum is 'n moet-sien."
Blouwaterbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Kyki-C"Daar is nie baie te sien of doen hier nie, maar dit is baie naby aan Langebaan, Saldanha en ander kusdorpies. Dis 'n stil, rustige en veilige dorp."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Abalone Guest House"Dit is hoe ons dink 'n vakansiedorpie by die see moet lyk. Dit het geen handelsgedruis, maar is nogtans naby winkels. Die omliggende plekke is ook lekker om te besoek. By dit alles is Jacobsbaai prentjiemooi. Ons sal graag weer daar vakansie wil hou."
Die Boord, Ontsnap Uit Kaapstad
Curious Giraffe"Dit is naby die studentedorp, maar nie deel daarvan nie, wat dit rustiger maak. Daar is goeie fasiliteite. Dit is naby die hoofweë."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Astrandt 2"Paternoster is 'n pragtige vissersdorpie en ons het heerlik daar "gekuier". Ons sal verseker weer terug gaan."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"Almal is vreeslik vriendelik. Dit was een van die beste dorpies wat ek al besoek het. Baie skoon en mooi."
Calypso Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Crystal Lagoon Lodge"Calypso Beach is pragtig, bewaar en koester dit."