Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6503 reviews.
"It's a big sky country, a place of quiet and natural beauty. What a lovely escape Nieu-Bethesda is!"
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp met wonderlike dinge om te verken. Van ou kerke, museums, kaktustuine tot staproetes en soveel meer, is dit werklik iets om te beleef. Die inwoners is vriendelik en laat 'n mens tuis voel. Van die oomblik wat 'n mens by die dorp inry voel 'n mens ontspanne en verlaat die alledaagse stres jou onmiddellik. "
"Ten spyte van die gure weer, kon ons effe rondstap. Dit lyk na 'n dorp met baie om te sien en te doen. Die museums was reeds gesluit, maar is op ons doen-lys, asook die omgewing, veral die Nasionale Park. Wat wel gehinder het, is die toestand van die park agter die indrukwekkende kerk (voor die stadsaal/burgemeesterskantoor?). Die terrein is vuil en onversorg, met haweloses wat doelloos rondsit. Ons sal wel terugkom om die dorp se besienswaardighede en die omgewing te verken."
Makhanda (Grahamstown), Eastern Cape
Bartholomew's Loft"Net jammer die Camera Obscura was stukkend en die katedraal was toe."
"Dorp is besig om uit sy nate te bars. Het regtig nuwe infrastruktuur nodig. Nie genoeg paaie om swaar verkeer te dra nie."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Pebbles Beach Cottage"Vriendelike mense, doen baie vir toeriste oor Desember, billike pryse en dit is 'n baie lekker plek."
"Ons het oor die feesseisoen gesukkel om 'n dokter te siene te kry en dit was nogal onaangenaam, want my man was baie siek en toe raak ek ook siek. Die dokters kan gerus ooreenkom om beurte te maak om ook oor so 'n tydperk beskikbaar te wees."
"Mooi historiese dorp! Het oorslaap geniet. Nog baie om te sien as ons volgende keer kom kuier."
"Pragtige plek om jou vakansie mee te begin of af te sluit as jy op pad Kaap toe is. Oulike winkels en restaurante in die dorp met 'n baie rustige atmosfeer. Slim dorp om jou laaste vars kos te koop as jy oorgeslaap het in Graaff-Reinet."
"Pragtige stad, dis goed om te sien dat daar nog mense is wat omgee oor dele van ons land."
"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."
"Ek sal volgende keer 'n dag langer bly a.g.v. puik ligging en beslis my visstokke saambring."
"Was jammer dat die kleiner snuffelwinkeltjies toe was weens 'n besige seisoen 'n Mens sou gehoop het dat dit wel nog oop is vir die besoekers. Die historiese geboue is moeilik om op te spoor - 'n pamflet wat 'n duidelike kaart op het met 'n bietjie geskiedenis van die geboue en waar hulle is sal voordelig wees. "
"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "
"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."