Geverifieerde Resensie

Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.

Kirkwood, Oos-Kaap

Broadlands Country House

"Dit is 'n baie mooi dorp, met baie aktiwiteite!"

Marina Martinique, Oos-Kaap

17 Claptons

"Is 'n pragtige rustige plek. Net jammer dat gaste nie self deur hekkie na see kan gaan nie. Jy moet bel dat iemand vir jou kom oopsluit. "

Rhodes, Oos-Kaap

Kinmel Guest Farm

"Ideaal vir natuurliefhebbers met staproetes en bergpasse vir 4x4 en motorfiets entoesiaste. Besoek die kunsplekke en kwekery om meer van Rhodes se gasvryheid te ervaar."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

6 Parsonage Street - De Kothuize

"Lekker gerieflike oorslaapdorp. Heerlike restaurante en oulike snuffelwinkeltjies. Genoeg ander besigtighede om van te kies. "

Walmer, Oos-Kaap

Gardenview Guest House

"Centrally located and easy to get in and out of, great shopping centre, neat and tidy area."

Hogsback, Oos-Kaap

Laragh-on-Hogsback

"Dit is so mooi, 'n mens kan lank wegraak in die omgewing. Dit is 'n pragtige plek enige tyd van die jaar. Die mense is vriendelik, die tyd staan stil, die restaurante se kos is heerlik, en selfs die toevallige verspoelde grondpad die dorpie in wat veronderstel is om toegemaak te wees, was onwetend 'n 4x4-uitdaging sonder weerga."

Hogsback, Oos-Kaap

Maple Grove Cabin

"Paradys in die kleine!"

Rhodes, Oos-Kaap

Kinmel Guest Farm

"Baie jammer die hotel is toe, maar die ander mense wat ons daar ontmoet het, was baie aangenaam! "

Jeffreysbaai, Oos-Kaap

Seester Strandhuis

"Ons kom heeltemal te veel daar, ha ha! Kry nie kans om ander plekke te sien nie. Geniet Jeffreys vreeslik baie. Was nou twee keer binne 6 maande daar."

Nieu-Bethesda, Oos-Kaap

Doornberg Guest Farm

"Was nie my eerste besoek nie, en hopenlik DV ook nie my laaste nie! "

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

4 Rothman Street B&B

"Het net oornag en het nie regtig die dorp ervaar nie."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Graaf-Reinet is 'n oulike dorpie met goeie besienswaardighede en baie lekker restaurante. Ons het net een aand oornag en was beïndruk met die netheid van die dorp en die interessante mooi geboue daar, sal enige iemand aanbeveel om die dorp ten minste een keer te besoek."

Patensie, Oos-Kaap

Ripple Hill Hotel

"Gaan besoek die padstal so 5km buite Patensie genaamd Padlangs as jy van lekker kos hou."

Rhodes, Oos-Kaap

Swallows Nest Chalet

"Daar is baie om te doen in en om Rhodes."

Jeffreysbaai, Oos-Kaap

Sea Whisper Guest House

"Strate vol slaggate. Nee wat, die wind waai te veel."

Ferreira Town, Oos-Kaap

Waterkant 2

"Baie mooi skoon plek en die lekkerste eetplekke."

Steynsburg, Oos-Kaap

KaiKai B&B

"Ek het net deur Steynsburg gery op die langpad. Hiervoor is dit 'n baie gerieflike oornagplekkie."

Nxuba (Cradock), Oos-Kaap

Oude Pastorie

"Lekker ontspanne Karoo"

Oos-Kaap

Toll Inn Guest Farm

"Het vir die eerste keer die mooi natuurskoon van die Oos-Kaap ervaar in my reis van Port Alfred tot by Aliwal-Noord. Ek het nie besef hoe mooi die bergreeks eintlik daar is nie. Werklik foto-kwaliteit. Daar was padwerke met stop/ry maar sal hopelik beter paaie oplewer as dit klaar is. Die N6 was 'n plesier om op te reis van Queenstown na Aliwal-Noord."

Middelburg, Oos-Kaap

Celtis Country Lodge & Restaurant

"Dit is maar 'n oornag stop plek."

Bluewater Bay, Oos-Kaap

Waters Edge

"Bluewater Bay is uitstekend geleë, maklik om in die stad en op die omliggende strande uit te kom. Daar is alles - 'n groot Spar en inkopiesentrum met alles wat ons nodig gehad het en gemaklik om by uit te kom. Dis ideaal vir mense wat graag draf, fietsry of kano ry. Daar is beskerming vir die natuur ook en ons het daagliks 'n besoek van 'n rob gehad. Bluewater Bay, julle rock!"

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Oulike dorpie met baie geskiedenis."

Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap

Pebbles Beach Cottage

"PE bied baie om te doen, bemarking mag dalk nog aandag kort. Die mense is vriendelik en behulpsaam, toerisme na die gebied gaan toeneem."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Beau & I

"'n Pragtige omgewing met uitsonderlike historiese en natuurplekke om te besoek. Lekker eetplekke om van te kies, goed geleë op pad van binneland na Oos- en Suid-Kaap."

Somerstrand, Oos-Kaap

Onse Khaya Lodging and Conferencing

"Easy to find your way around, pretty neighbourhood with nice open areas, safe places to walk and lots of fun things to do and places to visit."

Greater Addo, Oos-Kaap

Happy Lands Farmstay

"Het nie tyd gehad om te verken nie, sal wel weer teruggaan daarheen."

Marina Martinique, Oos-Kaap

Milkwood 218

"Dis nie in Jeffreysbaai nie en jy moet deur 'n informele nedersetting soontoe ry."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Waterval Farm-Stay

"Pragtige dorpie - die Karoolus fees was baie lekker!"

Blad
Blad 195 - Wys 5821 tot 5850
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang