Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6634 resensies.
"Ongelukkig, soos die meeste klein dorpies in die Oos-Kaapse platteland, verwaarloos en gehawend. Die omgewing is egter beeldskoon, met berge, blou lug, golwende grasvelde en strome water. Indien jy jou om een of ander rede hier bevind, is Tree House Guest House 'n goeie en veilige keuse."
"Fantastiese, pragtige en skoon vakansiedorp. Ons is definitief in Desember 2023 terug."
"Ek het 'n blywende gevoel gehad dat Graaff-Reinet 'n effe duur bestemming geword het. Ek het begrip vir stygende insetkostes, maar wonder of mens op ander plekke bietjie goedkoper kan regkom."
"Middelburg is bloot 'n gerieflike oorslaapplek vir ons op pad terug omdat die afstand huistoe die volgende dag heeltemal rybaar is. Ons het selde die geleentheid om die dorp of omgewing te verken op pad huistoe. Die oornagverblyf moet bloot funksioneel wees vir ons. Ons het ook baie moeilik 'n oop restaurant 7 uur die aand gekry en het by die een waar ons wel gekom het, amper 2 ure gewag vir ons bestelling (wat 'n doodgewone geroosterde toebroodjie en 'n hamburger was). Ons was nie die enigste gaste wat ontsteld was oor die swak bediening nie. As ons nie beter oornagverblyf in die toekoms in Middelburg kan kry nie, sal ons nie weer daar oorslaap nie."
"Pragtige Karoo-dorpie met behoorlike bekoring en geskiedenis. Die omliggende area is net so pragtig met heelwat dinge om te doen en te sien."
"The gem of the Karoo. People don't know what they are missing when they only use the town as a stopover."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Walmer Manor Guest House"Lovely city with warm, friendly and fun people."