Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Oyster Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oyster Bay bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 50 resensies.

Oesterbaai

Huisie By die See

"Ons hou daarvan om rustig in die klein dorpie te bly. St Francis is so naby dat jy vinnig kan deur ry as jy by die winkels en restaurante wil wees."

Oesterbaai

Oyster Bay Sea Haven

"Die dorpie Oesterbaai is heerlik rustig en as jy stilte en afsondering soek is dit die plek om te besoek."

Oesterbaai

Oyster Bay Inn

"Lekker rustige plek by die see!"

Oesterbaai

Duke's Nest

"Oesterbaai het ons harte gesteel. As jy na 'n stiller, rustige bestemming soek, is Oesterbaai vir jou! Ons het 'n ongelooflike lekker gesinsvakansie gehad in Oesterbaai."

Oesterbaai

Die Windmeul

"Sal graag binne seisoen wil sien."

Oesterbaai

Groenhuisie

"Mens moet regtig wil gaan, die grondpad van beide kante af is sleg en jy moet alles wat nodig is saamry."

Oesterbaai

Oyster Inn

"Oesterbaai is 'n ongerepte, veilige vakansie bestemming waar die huise nog nie diefwering het nie. Die 20 km pad tot daar is eintlik baie positief!"

Oesterbaai

Ten On Tornyn 1

"As jy jouself kan vermaak, is dit die regte plek!"

Oesterbaai

Oyster Inn

"Oesterbaai het 'n spesiale bekoring as jy eensaamheid en stilte soek. Lieflike strand. Neem egter in ag dat daar min geriewe is (een restourant, een winkel met baie beperkte voorraad) en dat die naaste dorp 30 km met 'n grondpad is. Daar is ook min om te doen behalwe vir stap en swem. Ek wou dit so hê, maar dit is nie almal se koppie tee nie."

Oesterbaai

Oyster Inn

"Oesterbaai is die perfekte toeristebestemming vir persone wat van rustigheid hou, graag lees en gaan stap. Daar is ongelukkig geen ander vermaak nie maar dis 'n baie mooi ongerepte omgewing. Die mense is baie vriendelik en 'n mens voel veilig daar. Ongelukkig is die pad daarheen baie sleg en uitgetrap hoofsaaklik as gevolg van die melklorries wat daar beweeg. Dis aan te beveel om verkieslik ten minste met 'n ligte 4x4 voertuig daarheen te gaan. Selfoon- en TV-ontvangs is baie goed."

Oesterbaai

Oyster Bay Beach Lodge

"Toeriste moet kennis neem dat dit grondpaaie is wat jy moet ry om by Oesterbaai te kom."

Oesterbaai

Groenhuisie

"Oesterbaai is gewoonlik stil en is nie die tipiese oorbevolkte en raserige vakansiebestemming nie. Dit is ideaal vir 'n wegbreek waar die doel is om weg te kom van die besige lewe. Omdat daar nie baie toeriste kom nie, moet mens egter voorsiening maak daarvoor dat die winkel nie alles aanhou nie, en dat voorrade op Humansdorp (30 km) aangekoop moet word. "

Oesterbaai

Oyster Bay Inn

"Die groot sandduine is 'n belewenis en die kinders kan daar baljaar met 'n glyplank. Lieflike omgewing."

Oesterbaai

Oyster Inn

"Pragtige plek - enigste nadeel is die grondpad. "

Oesterbaai

Oyster Kaya @ Oyster Bay

"Wonderlike stil plekkie, ongerep en veilig. Ons hoop dit bly so en word nie gekommersialiseer soos soveel ander juwele nie."

Oesterbaai

Oyster Bay Beach Lodge

"Dit was ons eerste besoek aan Oyster Bay, ons het lekker gerus en dit was beslis die moeite werd gewees. As daar een negatiewe kommentaar is oor Oyster Bay dan is dit die plus minus 18km grondpad vanaf Kaap St Francis se kant of plus minus 25km grondpad vanaf Humansdorp se kant af. Ons het so min as moontlik rondgery vanwee die grondpad."

Oesterbaai

Oyster Inn

"Klein gemeenskap, maar die vriendelikste en mees behulpsame mense wat ek nog teëgekom het."

Oesterbaai

Oyster Inn

"Lekker van die gewoel af, veral buite seisoen. Lang strande, pragtige sonsondergang."

Oesterbaai

Oyster Bay Inn

"Oyster Bay B&B is seker een van die beste B&B wat ek en my gesin nog in gebly het!"

Oesterbaai

Oyster Bay Inn

"Oesterbaai is afgesonder en kan net met 'n grondpad bereik word. Dit maak dit so 'n rustige, ongerepte plek by die see. Die pragtigste strand en vriendelike inwoners. Ons hoop regtig dat daar nie groot ontwikkelinge plaasvind nie, want dan gaan die rustigheid verlore. As jy wil rus is Oesterbaai die plek."

Blad
Blad 2 - Wys 31 tot 50
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem