Verified Reviews
Pearly Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pearly Beach
Rated 4.6 out of 5 based on 161 reviews.
"Almal groet en is baie vriendelik. Kinders baljaar al te heerlik in die strate. Ek sal nogal dink dat hulle nader aan die "M, N of O" strate (in Pearly Beach Oord) ook 'n paadjie na die see toe moet maak, want dit is nogal ver vir die ou mensies om see toe te stap."
"Ons het ons eerste oggend na die see toe gestap en op 'n groep stropers afgekom. Daarna onveilig gevoel en die see vermy."
"Uitstekende vakansie-oord, skoon strande en genoegsame en uitstekende sekuriteit. Voel baie veilig daar en sal beslis weer kom uitspan."
"Dit is 'n baie mooi dorp, ongerepte vlaktes en prag. 'n Plek om te ontspan en weer die batterye te herlaai. Mal oor die stilte en vrede."
"Die omgewing en strand is van die mooistes wat SA bied waar jy baie veilig voel en die mense is baie vriendelik!"
"Oulike en stil dorp. Vat net genoeg vars goed van jou keuse saam sodat daar nie elke dag Gansbaai hoef gery te word nie. "
"Dit is 'n bietjie afgeleë, alhoewel dit 'n lekker stapstrand het, mits die weer goed is."
"Pearly Beach is 'n baie lekker stil dorpie om na weg te breek. Dit is beslis die moeite werd om daar te gaan afpak vir 'n vakansie."
"Pearly Beach se strand is verskriklik mooi, die water is warm genoeg vir die kinders om te swem, die mense is verskriklik vriendelik en knoop graag 'n geselsie aan. Ons sal baie beslis weer daarheen wil gaan vir 'n wegbreek."