Geverifieerde Resensie
Porterville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Porterville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 86 resensies.
"Eugene has some amazing plans for this to become a destination venue with great outings and a gastronomic delight. Looking forward to seeing his offerings."
"Lovely little shops in the dorp to get ice and any forgotten things. "
"Die dorpie is klein. Die mense is vriendelik en die kos plekkies lieflik. Die dorp self is baie netjies en skoon."
"Koppiekoffie Restaurant het die heerlikste pulled-pork pizza! Vriendelike diens teen goeie, bekostigbare pryse. Stil en rustige dorpie met genoeg restaurante om van te kies."
"Ons wou graag by die Lighuis 'n draai maak vir hul berugte roosterbrood, maar beurtkrag was daagliks teen ons. Om net deur die venster te loer was die kuns pragtig."
"Baie kunstenaars in die dorp. Mooi omliggende gedeeltes om te sien, bv. 22 watervalle en kampterrein, die pas oor die berg ens."
"Ons was aangenaam verras. Die dorpie het baie meer om te sien as wat ons gedink het."
"22 Watervalle is 'n moet-sien, baie mooi al het ons net 3 gesien. Ons het bietjie te laat daarna toe gegaan om te gaan kyk. So dis 'n vroeg gaan om alles te sien. Glo 'n 4 ure stappie."
"Obviously post Covid everything is still under stress and visitors are few. But hopefully, the town's attitude and people's efforts will pull through. I visited the golf course, albeit on Sunday morning in order to have a look and was a little disappointed with no players and no directions to the course.Thus there is work to be done."
"Beware that most of the attractions at the tourist office no longer exist. We found out via our guest house. So limited things to do in the town. Some nice coffee shops and an execellent restaurant called Oppikoffie."
"Die Rendevoux restaurant se kos is heerlik en Roslin wat ons bedien het se diens was fantasties (dink die spelling mag verkeerd wees van restaurant)."
"Die eienaars van Rendezvous B&B waar ons ontbyt geëet het, was ongelooflik vriendelik en gasvry. Ons het die middag teruggekeer om lekker gesellig saam met hulle die T20 World Cup te sit en kyk hoe die Proteas verloor."
"Ons het opgery met die bergpas, so mooi! Gaan stap in die natuurreservaat, baie mooi."