Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Potchefstroom

+5

Beskrywing

Aan die oewers van die Mooirivier is Potchefstroom, die oudste dorp in die ou Transvaal-provinsie. Hierdie dorp is in November 1838 deur Hendrik Potgieter, die Voortrekkerleier, gestig. Sommige verwys na die plek as die "Stad van Deskundigheid" omdat dit 'n groot akademiese dorp is. (Die multikampus en multidiverse Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het bykans 33 000 studente.)

Ander, veral toeriste, noem Potchefstroom 'n kunsparadys, veral in Septembermaande wanneer die jaarlikse Aardklop Nasionale Kunstefees plaasvind. Aardklop, wat sedert 1998 aangebied word, is 'n groot feestelikheid met hoofsaaklik Afrikaanse produksies. Vir wysgieriges, kunsinniges én Afrikaanssprekendes is hierdie plek 'n oase!

Loer gerus hieronder deur al die lekke opsies vir akkommodasie.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor Potchefstroom te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in Potchefstroom te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.