Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Potchefstroom

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 931 resensies.

Potchefstroom

Kleinplaas Guest Farm

"Potchefstroom is 'n wonderlike dorp. Dis nou nie 'n stad nie, daar is maar potholes in die pad en soos alle dorpies het jy maar sy voordele en nadele. Ek het in Potch grootgeword so dit bly vir my 'n plekkie na aan my hart. Daar is ietsie van als en as jy kans sien om bietjie te ry en die wêreld te herken, is daar soveel goed om te doen en te sien."

Potchefstroom

Bauhenia Potchefstroom

"Potchefstroom is 'n outentieke dorpie met karakter, die vriendelikste mense, en 'n top universiteit."

Potchefstroom

Adato Guest House

"Behalwe vir al die baie slegte paaie is Potchefstroom 'n mooi dorp. Die NWU maak die dorp."

Potchefstroom

Die Opstal Gastekamers

"Hou aan met julle standaard."

Potchefstroom

Vita Olistica

"Ons het gevind dat daar baie eetplekkies is. Doen maar huiswerk voor die tyd om interessante plekkies uit te snuffel. Route 96, Adam & Eve, Roosmaryn om net 'n paar te noem."

Potchefstroom

Hill Manor

"Lekker plek."

Potchefstroom

Hill Manor

"Baie slaggate in die dorp."

Potchefstroom

Kleinplaas Guest Farm

"Pragtige plek naby aan Pretoria. Ryk geskiedenis. Ons was daar vir hokkie-toernooi, maar ek sal beslis teruggaan om bietjie te gaan rondkyk."

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Potchefstroom is 'n tipiese studentedorp."

Potchefstroom

2 Owls Guesthouse

"Slaggate kort aandag op R501/Thabo Mbeki-weg. Van eerste verkeerslig soos mens die dorp in ry. Wees op uitkyk."

Potchefstroom

114 Cachethof

"Dis baie meer 'n studentedorpie."

Potchefstroom

2 Owls Guesthouse

"Ek het grootgeword in Potchefstroom en dit was 'n welkome tuiskoms."

Potchefstroom

Campus Self-catering

"Slaggate, storie van ons land. Dink die bultarea het agteruit gegaan, was nog tot so 'n jaar gelede baie skoner."

Potchefstroom

A Touch of Grace

"Strate is in 'n slegte toestand. Veiligheid is nie 'n probleem nie."

Potchefstroom

The Gallery Lounge

"Potchefstroom is soos ons tweede tuiste, vir die laaste 6 maande. Dit is ongelooflik hoe pragtig, netjies en skoon die dorpie is, en hoe vriendelik die mense is. Potchefstroom, jy sal altyd 'n plek in ons hart hê."

Potchefstroom

El Sjaddai

"Mense is baie behulpsaam en vriendelik."

Potchefstroom

Grey Manor Guesthouse

"Lekker om vir jou kinders te gaan kuier wat op NWU studeer."

Potchefstroom

Adato Guest House

"Dis koud maar lekker!"

Potchefstroom

Road Lodge Potchefstroom

"Die dorp is meestal op die studentegemeenskap gerig."

Potchefstroom

Beesdam Guesthouse

"In die agt jaar wat ons kind daar studeer, het die geskiedkundige dorp se infrastruktuur merkbaar agteruit gegaan. Jy het 'n vinnige oog nodig vir al die slaggate."

Potchefstroom

Campus Self-catering

"Verwaarloos, slegte paaie."

Potchefstroom

Beesdam Guesthouse

"Potchefstroom behoort ernstig aandag aan paaie te skenk. Daar is meer potholes as pad."

Potchefstroom

Vita Olistica

"Ek het steeds 'n sagte plekkie vir Potch omdat ek daar geswot het in die vroeë '90's. Was net vir die dag daar in Junie 2023 vir 'n skaakkompetisie by HS Volkskool. Die skool het in 2022 hul 100-jarige bestaan gevier en die kombinasie van oudheid en modern, tesame met uitstekende instandhouding het dit baie besonders gemaak."

Potchefstroom

Flutterby Guesthouse

"Mooi ou dorp met ou geboue en heerlike eetplekke."

Potchefstroom

A Touch of Grace

"My tuiste gewees vir 30 jaar, maar my hart is so seer oor die verval van ons dorp."

Potchefstroom

The Ancient Copper Shed

"Die Akker se ontbyt en Aarbei Coke is 'n besliste wenner."

Potchefstroom

The Oak Garden

"Lieflike dorp, paaie wel erg beskadig en ontoeganklik. Vir besoekers wie nie die omgewing ken nie, sal dit bitter gevaarlik wees om in die aand op stukkende paaie met baie diep en wye potholes te ry."

Potchefstroom

Beesdam Guesthouse

"Agteruitgang van munisipale dienste. Pad baie sleg en vol slaggate."

Blad
Wys 1 tot 30