Geverifieerde Resensie
Pretoria East
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria East bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 275 resensies.
"Vir iemand wat glad nie vertroud en op my gemak is met die stad nie, was my tydjie in daardie omgewing heel lekker, en ek het baie veilig gevoel, asook was dit nie moeilik om Cosy Cottage te kry nie! Erasmuskloof sal my gou weer sien, want als is lekker naby geleë."
"Met ons kinders en ander familie wat daar bly, sal dit altyd ons bestemming in Pretoria wees."
"Dit lyk of daar heelwat aktiwiteite in omgewing is, maar het nie tyd gehad nie."
"Silver Lakes is baie veilig, rustig en skoon. Ek sal weer gaan kuier verseker!"
"Besoek gerus Blos Cafe vir 'n oornagopsie en heerlike kos en atmosfeer! 10 uit 10 vir hulle."
"Die area is onbekend aan ons, maar die dae wat ons daar was, was baie aangenaam. Ons het van die winkelsentrums gaan besoek, asook natuurlik die restaurante. Daar is geen klagtes nie. Dit was alles skoon en aangenaam. "
"Puik "golf estate" met baie goeie sekuriteit en 'n pragtige gholfbaan en klubhuis. Die atmosfeer is kosbaar en rustig. "
"Pretoria-Oos is goed geleë en jy kan enige rigting ingaan van daar af."
"Die omgewing is dalk nie vir 'n gesinsvakansie nie, maar eerder vir besigheid of as 'n sentrale baken om na ander besienswaardighede uit te ry. Vir ons was dit lekker naby Cullinan, Bronkhorstspruit en 'n paar monumente."