Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1024 reviews.
"Pragtige, skoon dorpie. Dis regtig 'n juweel in die Karoo en 'n moet om te besoek. Om deur die Swartbergpas te reis was een van my beste ervarings ooit."
"Prince Albert en die Swartbergpas is werklik 'n moet-sien. So ook die nabygeleë Meiringspoort. Reisigers na Suid-Kaap vanaf Gauteng kan gerus die N12 vanaf Beaufort-Wes neem en die baie besige N1 vermy. Prince Albert is dan die ideale oornagplek, en jy kan dan maklik by die Kango-grotte aandoen nadat jy die Swartbergpas oorgesteek het en honderde foto's geneem het."
"Op pad Kaap toe ry ons nooit Prins Albert mis nie, dit is die moeite werd om daardie paar kilometer van die N1 af te draai. Beplan jou reis so om daar te oornag. Dit bied jou die opsie om verder met die N1 Kaap toe te ry of na Hartenbos via Meiringspoort of oor die Swartbergpas."
"Pragtige dorp met wonderlike gerestoureerde geboue en huise en pragtige winkeltjies."
"As recommended by Brian, we took the Swartberg Pass home. A route not to be missed. "
"Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê."
"Dis die skoonste en mooiste dorpie wat ek in n baie lang tyd gesien het. Die mense is vriendelik en die omgewing baie ryk aan geskiedenis. Enige fotograaf se droom! "
"Ideale plek vir fotografie-slypskool. Veilig gevoel om alleen in die dorp rond te stap."
"Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat."
"Prins Albert het soveel om te bied, uitstekende restaurante, pragtige kunsgalerye, 'n paar wyn- en olyfplase in die omgewing. 'n Besoek aan Fernkloof wynplaas (wynproe), Gay Guernsy se melkery (kaasproe) en Karoo Kombuis restaurant (Karoo-lamsboud), het ons besoek aan Prins Albert bekroon."
"Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly."
"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "
"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"
"'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl."
"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."
"Pragtige dorp met die oulikste huisies. Ons het aandete in die Karoo Kombuis genuttig. Baie lekker kos en atmosfeer gewees. Ontbyt by die Swartberg Hotel was baie lekker. As jy 'n wegbreek kort is Prins Albert die plek vir jou."
"Een van daardie plekke wat elke keer wat ek daar is, al hoe dieper onder jou vel inkruip."
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners. Mens moet ten minste twee dae daar oorbly om die dorp regtig te waardeer. Die dorp het baie oulike blyplekke vir elke smaak!"