Geverifieerde Resensie

Prince Albert

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1027 resensies.

Prins Albert

Karoo Khaya

"Baie netjiese dorp."

Prins Albert

Saxe-Coburg Lodge

"Prins Albert is 'n pragtige dorpie en almal behoort dit te besoek. Ek sal weer gaan maar seker maak dit is oor 'n naweek wanneer daar 'n goeie produksie by die pragtige teater is."

Prins Albert

The Artist's Cottage

"Absoluut die moeite werd om te besoek. Heerlike restaurante, wynplase, olyfplase ... 'n juweeltjie in die Groot Karoo!"

Prins Albert

Swartberg Cottages

"Dis 'n absolute wonderlike plattelandse dorpie en beslis net die regte medisyne vir 'n uitgeputte stadsiel. Ek gaan beslis in die toekoms ten miste een keer per jaar in Prins Albert gaan uitspan. "

Prins Albert

Swartberg Cottages

"Ons het vreeslik lekker gekuier in die mooi dorpie, mooie winkels en 'n baie oulike bush pub wat in 'n baie mooi omgewing geleë is op 'n plaas met net sulke vriendelike eienaars."

Prins Albert

By-Die-Koppie Guesthouse

"Prins Albert is 'n ongelooflike mooi plek en skoon. So baie om te sien en doen. "

Prins Albert

Karoo View Cottage 1 - Kanon

"Was baie aangenaam en daar is baie om jou mee besig te hou."

Prins Albert

Saxe-Coburg Lodge

"Quaint, old charming Karoo town, with lots of history and beautifully restored homes and buildings. The theatre is great, we did attend a show, which we thoroughly enjoyed. We so enjoyed the wild flowers in the surrounding countryside. Spring is everywhere! "

Prins Albert

Swartberg Cottages

"Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd."

Prins Albert

Wolvekraal Guest Farm

"Baie oulike dorpie met baie karakter!"

Prins Albert

Karoo Khaya

"'n Dorpie met baie karakter en 'n plek waar jy sielerus kan ervaar!"

Prins Albert

Wolvekraal Guest Farm

"As iemand n stukkie van die hemel wil ontmoet, dis die plek om te besoek!"

Prins Albert

Karoo Khaya

"Lieflike plattelandse dorp met baie om te doen."

Prins Albert

Elfen House and Cottage

"Prince Albert het voorwaar in status gestyg vanaf 'n "prinsdorp" na 'n "koningsdorp". Behou net asseblief die karakter van die dorp - soos wat dit was - die atmosfeer en "lekkerte" waarop almal verlief raak. "

Prins Albert

Wolvekraal Guest Farm

"Dis pragtig! Die mense is vriendelik. Dis 'n moet vir almal om dit te besoek. Pragtige dorpie."

Prins Albert

Yellow House

"Pragtige, rustige, skoon dorp! Diens by koffie shop van hotel egter baie swak! Verder all good!"

Prins Albert

Karoo Khaya

"One of the most beautiful towns in the province and it is clean and safe. Great restaurants, friendly people and the scenery on the Swartberg Pass something not easily described - a MUST see. Many attractions in the area and Prince Albert is surely worth more than one visit. When we visited the town it made us proud to be South Africans!"

Prins Albert

By-Die-Koppie Guesthouse

"Baie vriendelike mense, en hope om te doen. Beslis 'n dorpie om na terug te gaan."

Prins Albert

Karoo Khaya

"Prins Albert is werklik die moeite werd om self drie nagte te spandeer, ons het die aandmark bygewoon en daar geëet - danksy Megan wat ons ingelig het - en sommer deel geword van die permanente inwoners. Die atmosfeer en die samehorigheid was heerlik vir stadsjapies om te ervaar. Ons het ook die Amanda Strydom vertoning bygewoon in die pragtige teater! Voorstel - besoek die dorp oor 'n naweek sodat jy die oggend- en aandmark kan meemaak. Die inligtingsburo is behulpsaam en die karate heel skaflik. "

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Ons het absoluut verlief geraak op die dorpie, en daarom byna nie lus om die dorp te "adverteer" nie. Dit sou so jammer wees as die karakter van die plekkie sou verander. Ons het die dam buite die dorp besoek, en stel voor dat die brosjure aangepas word, aangesien die pad daarheen beslis nie deur 'n gewone motor bereik sal kan word nie. Daar is ook geen aanwysingsborde binne die Cape Nature gebied nie."

Prins Albert

Wolvekraal Guest Farm

"Sou meer tyd wou gehad het om daar te spandeer."

Prins Albert

Karoo View Cottage 1 - Kanon

"Oulike dorpie. Baie beter "Dorp van die jaar" as Fouriesburg."

Prins Albert

Wolvekraal Guest Farm

"Julle moet die heerlikste appeltert in die land gaan eet by Lazy Lizard en gaan maak ook 'n draai by die kwekery. "

Prins Albert

Lavenders

"Die skoonste, netjieste, pragtigste plekkie."

Prins Albert

Karoo Khaya

"Mooi dorpie."

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Prins Albert is 'n klein juweel. Soveel gasvryheid het ek lanklaas ervaar. Van die plaaslike dokter (Dr Kriek) tot die aptekers wat uit hul pad gegaan het vir mediese diens. Lekker winkels, heerlike restaurante en vele meer. "

Prins Albert

Wolvekraal Guest Farm

"Pragtige dorpie wat ek defnitief weer sal besoek!"

Prins Albert

At 85 on Church

"Ons geniet dit altyd om in Prins Albert te kuier. Die omgewing bied ook baie."

Prins Albert

Wolvekraal Guest Farm

"Soos vele ander toeristedorpies is eetplekke redelik duur."

Blad
Blad 33 - Wys 961 tot 990

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang