Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1024 reviews.
"Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"
"Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!"
"Die Swartbergpas is beslis nie vir mense wat aan hoogtevrees ly nie! Ek beveel eerder die pad deur Meiringspoort aan. Die natuurskoon is asemrowend."
"Pragtige dorp met die mooiste berge, karaktervol, mooiste bome langs die hoofstraat, en interessante winkeltjies om in rond te snuffel! Die Swartbergpas is 'n belewenis en die moeite werd om aan te durf!"
"Fantastiese karoodorp met van die beste restaurante wat ons ooit al besoek het met egte Karoo-gasvryheid!"
"Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week."
"Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!"
"Een van ons gunsteling dorpe. Soveel atmosfeer, pragtige ou geboue, ens. Ons het 'n vertoning in die nuwe Art Deco-teater bygewoon en was beïndruk met die pragtige teater. 'n Groot aanwins vir Prins Albert."
"Oulike en interessante dorp. Ons het net gevind dat produkte, soos bv. konfyt, baie duur is om te koop. "
"When you're in Prince Albert, go see a movie at The Showroom; it's a fully renovated art nouveau style cinema."
"Baie lekker en interessante dorpie met baie vriendelike mense wat jou sommer heel tuis laat voel. Paar wonderlike mense ontmoet en behoort vinnig weer 'n draai te maak."
"Ons was uiters verras oor die dorpie en dink dis 'n moet om volgende keer nie net daardeur te ry nie, maar beslis ook 'n aand of twee daar te slaap. Alles wat 'n toeris verlang, is daar en dan is die omgewing se natuurskoon ook asemrowend! "