Geverifieerde Resensie
Richards Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Richards Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 103 resensies.
"My persepsie was dat Richardsbaai 'n nywerheidsdorp en hawe is, maar dit was 'n aangename verrassing! Ons het maar oorgebly dat die pad tussen Durban en St. Lucia nie te lank word nie, maar ons het lank op die pier vertoef en die restaurant op die Waterfront geniet."
"We love the quiet and relaxing area to wind down and recuperate from."
"Baie om te doen. As jy net bietjie Google. En vra.. Lekker groot inkopiesentrums oral."
"As nie-lede was ons met ope arms ontvang by Richardsbaai Skibootklub. Almal was vriendelik en was behulpsaam met prosedures, raad en daad om ons bootervaring baie aangenaam te maak."
"Die plek het 'n baie swak swem strand vir mense met kinders wat hou van swem nie vir mense wat wil ontspan ,rus en geniet nie."
"Al die strande is weggespoel. Net die hoofstrand, maar daar kan jy nie op 'n besige dag beweeg nie."
"Lekker place to visit and chill, especially the harbour and the lekker food at KNK."
"Meer-en-See is goed geleë in terme van toegang tot die Waterfront en alle ander dele van Richardsbaai. "
"Ons het daar gewoon vir 20 jaar. As 'n vakansiedorp is dit baie warm en geskik vir seem en visvang. Daar is ongelukkig nie veel om te doen vir die jong klomp nie. As jy jou van wild is Hluhluwe game reserve net die plek om heen te gaan."
"Geen ordentlike geriewe op swemstrand nie. Nie 'n plek om met kinders te gaan vakansie hou nie."
"Uitstekende visvang-bestemming. Die yacht club is baie netjies en akkommoderend vir kinders. Alkant strand kort ordentelike toilet geriewe wat werk, met 'n behoorlike kafeteria om iets te kan koop om te eet en te drink. Dalk weens die fees seisoen, maar die grasperk voor die strand was besoedel met gebreekte glasstukke."