Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Sesriem

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sesriem bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 22 resensies.

Sesriem

Desert Quiver Camp

"As dit nie die deurgang tussen die buitewêreld en Sossusvlei was nie, het dit nie 'n besoek verdien nie. Die Sesriem Canyon is aan te beveel en regtig iets om te beleef."

Sesriem

Desert Quiver Camp

"Uitstekend, en toegang tot Sossusvlei was verbasend bekostigbaar."

Sesriem

Desert Camp

"Magical place!"

Sesriem

Sossus Oasis Campsite

"Die omgewing roep jou telkemale terug! Dis absoluut fotogenies! Lyk tydens elke besoek anders."

Sesriem

Sossus Oasis Campsite

"Dit is 'n besliste besoek werd."

Sesriem

Sossusvlei Lodge

"Ons het 2 dae in die omgewing spandeer, maar sal beslis meer dae vir ons volgende vakansie beplan! Hou die hitte en lang afstande in gedagte en om die regte tyd op die regte plek te kan wees om foto's te neem en dit wat jy wil sien te kan sien. Sesriem se motorhawe beskik oor 'n goed toegeruste winkel met dit wat jy dalk kan nodig kry."

Sesriem

Sossus Oasis Campsite

"Fantastiese omgewing en sal enige iemand aanbeveel om dit te besoek."

Sesriem

Sossus Oasis Campsite

"Geen opgradering vir afgelope 6 jaar. Ingang na Sesriem lyk derdewêrelds."

Sesriem

Sossusvlei Lodge

"Ek dink net by die Sesriem Canyon moet hulle 'n bordjie opsit wat aandui waar mens moet afgaan tot onder. Dit sal veral buitelanders help om te weet waar hulle kan afloop tot onder."

Sesriem

Desert Camp

"Asemrowend mooi."

Sesriem

Sossusvlei Lodge

"Dit bly 'n belewenis om Sossusvlei en Dooievlei te besoek en te sien. Moet ook nie die Sesriem Canyon misloop nie. Om vroegoggend te ry en die son oor die rooi duine te sien opkom bly spesiaal. Ek stel voor jy stap die canyon laatmiddag, slaap oor, en gaan vroegoggend na die vlei en spandeer die oggend op die duine en by die vlei. Teen middagete raak dit te warm en dan kan jy weer verder reis."

Sesriem

Sossus Oasis Campsite

"Moet twee nagte daar oorslaap vir genoeg tyd om alles te sien. Ek is jammer dat daar soveel toeriste Sesriem toe kom. Paaie baie sleg, baie stof en voertuie (en vliegtuie) wat rond jaag vroeg tot laat. "

Sesriem

Desert Quiver Camp

"Ways to Sesriem are terrible. You have to drive a 4x4."

Sesriem

Desert Quiver Camp

"Ek sou voorstel dat hul die pad vanaf Solitaire na Sesriem teer. Die grondpad dra baie verkeer en sodoende bly die pad in 'n slegte toestand, al skraap hulle die pad. A.g.v. die baie verkeer lê daar die heeldag 'n dig stoflaag oor Sesriem wat sig belemmer en ek het sinus gekry van die stof. "

Sesriem

Le Mirage Resort and Spa

"Wonderlik om te besoek en die woestyn te ervaar. Die plek was net vreeslik besig binne seisoen toe ons daar was."

Sesriem

Desert Camp

"As jy deur Namibië toer, is Sesriem/Sossusvlei 'n moet."

Sesriem

Sossus Oasis Campsite

"Absoluut fantasties."

Sesriem

Sossus Oasis Campsite

"Moet die Sesriem Canyon doen."

Sesriem

Sossus Oasis Campsite

"Die natuurskoon by Sesriem en omliggende Sossusvlei-area is onbeskryflik mooi. Daar is 'n stille skoonheid wat nie maklik met 'n kamera vasgevang kan word nie. Die veldwagters het baie kennis van die natuur en ek sal dit aanbeveel om eerder saam met van hulle te gaan op 'n begeleide toer van al die besienswaardighede as om dit alleen aan te pak. Ek dink as besoeker sal die hele ervaring baie meer waardevol wees met al die inligting wat hulle deel oor die natuur en dierelewe. Omdat dit in die woestyn is, moet jy net goed voorbereid wees op die hitte in die somermaande. Dit raak baie warm."

Sesriem

Desert Quiver Camp

"Bucket list."

Sesriem

Desert Camp

"Wonderlik."

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem