Resensies van Stanford

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stanford bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.52 uit 5 gekry volgens 88 resensies.
Gemma B. - 7th May 2018
staying in Stanford
Die Walvisroete is baie naby, dit is 'n baie klein plekkie, maar die perfekte wegbreek vir rustigheid.
Mia S. - 18th April 2018
staying in Stanford
Lekker.
Elmarie B. - 9th April 2018
staying in Stanford
Ons het Stanford en omliggende venues soos Springfontein, Spookhuis, Kleinrivier kaas, Birkenhead Brewery, Ou Meul Bakkery, Stanford Markie, Kunsgalerye baie geniet, asook wynproeë.
Lizel G. - 3rd April 2018
staying in Stanford
Dit is die eerste keer wat ons daar bly en wat 'n nice en oulike dorpie is dit nie, met 'n baie lekker vibe. Dit is nogals 'n besige dorpie wat vir my sê mense besoek graag vir Stanford. Daar was die Vrydagaand 'n klein, maar heerlike markie op die plein, met 'n heerlike gees en atmosfeer. Ons sal definitief weer Stanford besoek sodat ons die ander besienswaardighede/plekke waarby ons nie uitgekom het nie ook kan besoek. Ons was daar vir 'n troue by Beloftebos so het nie genoeg tyd gehad om oral te besoek wat ons graag wou nie. Panthera Africa was 'n besonderse besoek - uitstekend gewees! Sal ook weer gaan.
Lynn G. - 26th March 2018
staying in Stanford
Beautiful little village with some lovely wine farms and great outdoor activities.
Lali B. - 16th March 2018
staying in Stanford
Pragtige skoon dorpie met vriendelike inwoners en lekker kos.
Gerhard B. - 19th February 2018
staying in Stanford
Only complaint is that Don Gelato's gelateria closes at 4pm on a Saturday! So get there early ...
Elli W. - 19th January 2018
staying in Stanford
Sadly the best or highly recommended restaurants are closed Monday to Thursday.
Michael C. - 6th January 2018
staying in Stanford
Verrassende, koddige plekkie met klomp restaurant keuses!
Ulrike K. - 27th December 2017
staying in Stanford
Heerlike eetplekke en baie om te doen in pragtige dorp.
Christa C. - 5th December 2017
staying in Stanford
Nogal heelwat om te doen in die area.
Im D. - 30th October 2017
staying in Stanford
Baie nice.
Dominic P. - 19th October 2017
staying in Stanford
Please don't grow bigger! Your charm is in your old world hidden gem character.
Chris S. - 19th October 2017
staying in Stanford
Ons het op 'n Sondagmiddag daar aangekom. Ons is verseker dat ons aandete in dorp sou kry. Daar is egter geen eetplek oop in Stanford op 'n Sondagaand nie. Dankie tog vir OK Grocer!
Jacob H. - 13th October 2017
staying in Stanford
Die personeel in die toeriste inligting kantoor het bitter min geweet oor die omgewing en ons bloot pamflette met oppervlakkige inligting oorhandig - wat selfs nog verkeerde inligting verskaf! Byvoorbeeld, dat Springfotein se wynproe en restaurant toe is op Donderdag - wat nie die geval is nie - ons het maar 'n kans gevat en dit was oop! Stanford is 'n fantastiese plek, maar dit word uiters swak bemark! Plekke soos Misty Mountains gaan dit 'n slegte naam gee!
Annelien D. - 11th October 2017
staying in Stanford
Oulike plekkie!
Zelda J. - 28th September 2017
staying in Stanford
Baie oulike plek. Die Italiaanse eetplek was fantasties!
Hein B. - 26th September 2017
staying in Stanford
Klein dorpie, baie om te doen.
Heinrich W. - 23rd June 2017
staying in Stanford
Die moeite werd om te stop en te verken.
Jakkie O. - 31st May 2017
staying in Stanford
Nostalgiese dorpie. Verseker 'n plekkie waar ek graag sal wil bly.
Hanno N. - 1st May 2017
staying in Stanford
Pragtige argitektuur in die dorp en Burkenhead Winery and Brewery is net buite die dorp - definitief 'n moet as jy die dorp besoek.
Gail S. - 27th April 2017
staying in Stanford
Neat and friendly village, with wonderful places to eat and excellent options for exploring the area.
Janine V. - 21st April 2017
staying in Stanford
Stanford en die area het baie om te bied.
Julia V. - 12th March 2017
staying in Stanford
Dit is beslis 'n besoek werd en ons sal weer gaan. Die staproete al langs die rivier was heerlik en die natuur is pragtig. Daar is baie voëls, maar die voëlskuiling was gesluit en ons het nie die sleutel aangevra nie. Stanford is goed geleë vir besoeke aan wynplase en die nuwe staproete na die grot op Philipskop om die San-rotstekeninge te besigtig ... 'n belewenis! Die veld was pragtig oortrek met sewejaartjies in blom. Jammer van die droogte - die waterval was droog, maar die rotsformasies was indrukwekkend. Ons het ongelukkig nie tyd gehad om die kaasfabriek te besoek nie, maar sal volgende keer graag daar 'n draai wil maak.
Daniel S. - 9th March 2017
staying in Stanford
Die gemeenskap sal moet aandag gee aan die kinders wat op 'n Sondag in die middedorp bedel. Dit is 'n irritasie as 'n mens rustig wil rondstap tussen die winkels wat oop is en kinders volg jou.
Frank En Moira P. - 15th February 2017
staying in Stanford
Fantasties! Het baie mense ontmoet en nuwe vriende gemaak. Sal wel weer gaan kuier, maar iets meer gestremdheidsvriendelik huur. Het wel gevind dat "Bugler's Cottage" en "B's Cottage" gepas sal wees. Hulle is albei op julle boeke.
Ilse N. - 9th February 2017
staying in Stanford
Stanford bietjie te stil en klein, maar heel lekker vir so kort verblyfie.
Angelique S. - 22nd December 2016
staying in Stanford
Ons was lekker verras met Stanford. Wat 'n besige, vriendelike en ongelooflike plek. Ons kan nie wag om weer daar te kuier nie. Ek en my man het ordentlik ontspan. Baie dankie.
Elmarie W. - 22nd December 2016
staying in Stanford
Onverwags interresant. Goeie restaurant by die Ou Meul Bakkery.
Robert A. - 18th November 2016
staying in Stanford
Great place.
Dries C. - 5th October 2016
staying in Stanford
Baie mooi rustige plekkie, stil en stemmig met vriendelike mense en pragtige omgewing.
Philip G. - 22nd September 2016
staying in Stanford
Die hele area skep 'n gevoel van rustigheid, tyd staan stil.
Juan P. - 11th August 2016
staying in Stanford
Stanford is 'n baie gesellige klein dorpie met baie om te doen. Die inwoners is baie vriendelik, veral die eienaars Eben en Mari van Table 13 Restaurant en Pub. Ek sal dit aanbeveel vir enige iemand om gerus in die onbeskryflike mooi dorpie 'n draai te gaan maak.
Johnn-grant M. - 14th July 2016
staying in Stanford
Pragtig! Sal dit sterk aanbeveel.
Schalk M. - 30th June 2016
staying in Stanford
Oulike plek.
Natalie V. - 13th May 2016
staying in Stanford
Rustige plek met 'n wonderlike atmosfeer. Jy wil sommer bly.
Etienne H. - 11th May 2016
staying in Stanford
Baie oulike dorpie, al slegte ding is daar is te veel om te sien :) sal volgende keer langer as net 'n dag daar spandeer.
Anton En Eurika B. - 31st March 2016
staying in Stanford
Stanford is 'n kuierplek met heerlike eetplekke. Mariana en Springfontein is 'n moet! Ons het heerlik gekuier in Springfontein se Barn wat net om die draai is en dit is 'n heerlike, cozy, pragtige en rustige uithangplek in die aand wat glad nie duur is nie. Op pad uit die dorp koop 'n heerlike vars brood en ander lekker prentjiemooi eetgoed by die Ou Meul. Gaan gerus na die kaasplaas en gaan proe bier net buite die dorp. Heerlik!
Mona V. - 8th March 2016
staying in Stanford
Ongelooflike bestemming! Pragtige omgewing en opregte, vriendelike mense. Die bakkery word ten sterkste aanbeveel.
Lindi K. - 28th January 2016
staying in Stanford
Daar was te veel om te sien en te min tyd!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]