Resensies van Stanford

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stanford bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.53 uit 5 gekry volgens 104 resensies.
Daniel S. - 9th March 2017
staying in Stanford
Die gemeenskap sal moet aandag gee aan die kinders wat op 'n Sondag in die middedorp bedel. Dit is 'n irritasie as 'n mens rustig wil rondstap tussen die winkels wat oop is en kinders volg jou.
Frank En Moira P. - 15th February 2017
staying in Stanford
Fantasties! Het baie mense ontmoet en nuwe vriende gemaak. Sal wel weer gaan kuier, maar iets meer gestremdheidsvriendelik huur. Het wel gevind dat "Bugler's Cottage" en "B's Cottage" gepas sal wees. Hulle is albei op julle boeke.
Ilse N. - 9th February 2017
staying in Stanford
Stanford bietjie te stil en klein, maar heel lekker vir so kort verblyfie.
Angelique S. - 22nd December 2016
staying in Stanford
Ons was lekker verras met Stanford. Wat 'n besige, vriendelike en ongelooflike plek. Ons kan nie wag om weer daar te kuier nie. Ek en my man het ordentlik ontspan. Baie dankie.
Elmarie W. - 22nd December 2016
staying in Stanford
Onverwags interresant. Goeie restaurant by die Ou Meul Bakkery.
Robert A. - 18th November 2016
staying in Stanford
Great place.
Dries C. - 5th October 2016
staying in Stanford
Baie mooi rustige plekkie, stil en stemmig met vriendelike mense en pragtige omgewing.
Philip G. - 22nd September 2016
staying in Stanford
Die hele area skep 'n gevoel van rustigheid, tyd staan stil.
Juan P. - 11th August 2016
staying in Stanford
Stanford is 'n baie gesellige klein dorpie met baie om te doen. Die inwoners is baie vriendelik, veral die eienaars Eben en Mari van Table 13 Restaurant en Pub. Ek sal dit aanbeveel vir enige iemand om gerus in die onbeskryflike mooi dorpie 'n draai te gaan maak.
Johnn-grant M. - 14th July 2016
staying in Stanford
Pragtig! Sal dit sterk aanbeveel.
Schalk M. - 30th June 2016
staying in Stanford
Oulike plek.
Natalie V. - 13th May 2016
staying in Stanford
Rustige plek met 'n wonderlike atmosfeer. Jy wil sommer bly.
Etienne H. - 11th May 2016
staying in Stanford
Baie oulike dorpie, al slegte ding is daar is te veel om te sien :) sal volgende keer langer as net 'n dag daar spandeer.
Mariehette L. - 31st March 2016
staying in Stanford
Stanford is 'n kuierplek met heerlike eetplekke. Mariana en Springfontein is 'n moet! Ons het heerlik gekuier in Springfontein se Barn wat net om die draai is en dit is 'n heerlike, cozy, pragtige en rustige uithangplek in die aand wat glad nie duur is nie. Op pad uit die dorp koop 'n heerlike vars brood en ander lekker prentjiemooi eetgoed by die Ou Meul. Gaan gerus na die kaasplaas en gaan proe bier net buite die dorp. Heerlik!
Mona V. - 8th March 2016
staying in Stanford
Ongelooflike bestemming! Pragtige omgewing en opregte, vriendelike mense. Die bakkery word ten sterkste aanbeveel.
Lindi K. - 28th January 2016
staying in Stanford
Daar was te veel om te sien en te min tyd!
Tina P. - 13th January 2016
staying in Stanford
Need better quality restaurants. The Ou Meul on the corner of the entrance to Stanford is the best restaurant in Stanford. Birkenhead was an OK experience.
Melani S. - 5th January 2016
staying in Stanford
Die dorpie self was 'n belewenis en daar is heelwat te doen in die omgewing en dis net 23km vanaf Hermanus.
Carin W. - 17th December 2015
staying in Stanford
Die dorp en omgewing het 'n ryk geskiedenis en daar is veel om te doen.
Tanya B. - 5th November 2015
staying in Stanford
Oulike restaurante en gebeurtenisse. Daar is baie om in die omgewing te verken.
Isabel & Elmunde J. - 29th October 2015
staying in Stanford
'n Dorpie wat ek meer dikwels sou wou besoek.
Lazelle C. - 1st October 2015
staying in Stanford
Booi mooi netjiese dorpie.
Elzabe B. - 18th June 2015
staying in Stanford
Pragtige, veilige dorpie.
Leo C. - 12th March 2015
staying in Stanford
Dis 'n lieflike dorpie met 'n ryk geskiedenis. Daar is genoeg eetplekke en dis heerlik om daardeur te stap. Die sjarme is die stilte.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za