Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Strandfontein

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strandfontein bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 160 resensies.

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Bitter veilig en lekker rustige dorpie. Ons sal Strandfontein weer besoek."

Strandfontein

Steenbras 15

"Sal ons beslis weer sien!"

Strandfontein

Strandfontein Apartment

"Beslis 'n plek om te besigtig. Die Weskus bied 'n pragtige natuurskone dorpie vir oud en jonk."

Strandfontein

Skulpies 7

"Ek het my hart 'n hele paar jaar gelede op Strandfontein verloor en sal enige dag weer daarheen gaan. Die rustigheid en veiligheid is 'n groot pluspunt. Die omgewing, natuurskoon is "awesome". Dis my nr. 1 vakansie-bestemming. Vakansiegangers is vriendelik. Baie dankie vir die netheid van die dorp. "

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Kommetjie restaurant se kos is fantasties en baie goed geprys."

Strandfontein

C Melody Selfsorg Eenhede

"Vir seker ons gunsteling-wegkomplek, blaaskans, asemskepdorpie."

Strandfontein

WesKus PanDokkies

"Ongelooflik gewees."

Strandfontein

Bamboesweg

"Kommetjie Restaurant is puik en die nabygeleë. Doringbaai met sy wyn en perlemoen is 'n moet by Fryers Cove."

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Dit is maar 'n mens probleem, Saterdagoggend van 2021 se Paasnaweek toe lê daar 'n klomp rommel rond van Saterdag se braaiers onder by die see-braaiplekke en ek is nie eers 'n moangat nie, dit is net as jy die heeltyd in skoonheid vaskyk dan sien jy die vullis raak dadelik. Maar nog steeds 'n awesome plek maak dit jou trots."

Strandfontein

Bamboesweg

"Strandfontein is 'n plek om te gaan rus en die see te geniet. Onthou net om alles wat jy benodig saam te bring aangesien daar net een baie klein winkeltjie is wat net die nodigste verkoop. Veilig vir kinders om fiets te ry en om lang ente langs die see te stap."

Strandfontein

Dikbek se Plek

"Uitstekende plek vir vakansie."

Strandfontein

Steenbras 15

"Baie spesiale plek! 'n Moet-sien vir elke persoon!"

Strandfontein

Dikbek se Plek

"Daar is slegs een kaffee/restaurant wat Maandae en Dinsdae gesluit is. Strand is nie besonders aantreklik nie."

Strandfontein

Seetoe dot com

"Kultuur is uniek en vriendelik. Mens voel so tuis in Strandfontein. Dis skoon, en die dienslewering is 5-ster gehalte."

Strandfontein

Bamboesweg

"Lekker stil en rustig daar."

Strandfontein

Dikbek se Plek

"Pragtige seedorp. Die dagbesoekers bederf die atmosfeer met harde musiek en gefuif op strand - papiere, drankbottels en glasstukke bly agter as hul weg is."

Strandfontein

Strandfontein Accommodation

"Pragtige, skoon kusdorpie. Kommetjie Restaurant is puik - kry 12 uit 10!"

Strandfontein

Strandfontein Apartment

"Strandfontein het een restaurant en winkeltjie met beperkte items. Met goeie kookgeriewe kan mens eerder self kos saamneem. Karavaanpark baie netjies."

Strandfontein

Bamboesweg

"Was voorheen op Strandfontein, dit is vir ons baie lekker daar. Skoon, mooi strande vir lekker loop."

Strandfontein

Strandfontein Apartment

"Quaint beach town, beautiful beaches, can walk safely for hours."

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Beste kuier plek. Nie 'n vervelige moment nie!"

Strandfontein

Mos-i-nes

"Jy sal nie by Strandfontein wil verby ry nie, fantasties."

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Strandfontein is tops. 5-ster-vakansieoord! Veilige en skoon strand!"

Strandfontein

Strandfontein Holiday House

"Great walks on the beach. Lovely and quiet although admittedly we were there mid-week and it was out of season. But given the location of this property at least you have space around you and you are away from the densely built up homes nearer the beach."

Strandfontein

Mos-i-nes

"Dis 'n lekker bestemming vir families maar jy moet alles wat jy gaan nodig kry saam vat. Geen winkels beskikbaar nie."

Strandfontein

Strandfontein Apartment

"Baie, baie mooi. Sal dalk te besig wees in vakansietye."

Strandfontein

Strandfontein Apartment

"Pragtige, skoon dorpie."

Strandfontein

C Melody Selfsorg Eenhede

"'n Pragtige strand en alles lyk so skoon."

Blad
Blad 4 - Wys 91 tot 120
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem