Geverifieerde Resensie
Struisbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Struisbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 638 resensies.
"Struisbaai en Agulhas is 'n pragtige bestemming, vriendelike mense, pryse van produkte en memorabilia by winkeltjies nie duur nie, nie geprys vir oorsese besoekers nie. Dankie Stilbaai en Agulhas."
"Lekker klein dorp-gevoel. Mense is gaaf, maar toeriste word bietjie uitgebuit tydens die seisoen - gastehuise en restaurante."
"Die weer kan 'n probleem wees omdat Struisbaai bekend is vir wind. Selfs die klerewinkels pak nooit hulle wintersklere weg nie. Een eienaar het gesê dat Struisbaai dikwels 4 seisoene in 'n dag kan beleef."
"Lieflike, uitgestrekte strand ideaal vir ver stap. Water minder koud en swemstrande self is besoekersvriendelik. Wind koel en rukkerig met tye en moet jy jou hoed vashou as jy op die strand gaan tyd deurbring. Kan of met korter mooi geskraapte grondpad of langer teerpad bereik word."
"Oh wow. Sruisbaai itself is a small, beautiful place outside Cape Town with lots of activities one can enjoy. One can visit the harbour, lighthouse and see where the Pacific and Indian ocean meet."
"Enjoyed my stay at Struisbaai with its beautiful scenery and friendly people. "
"Lieflike natuurskoon, lieflike besienswaardighede in die omgewing. Sal beslis weer besoek!"
"Vriendelike omgewing en sy mense. Sentraal geleë om omliggende gebiede, soos Agulhas en Arniston te besoek. "
"Die restaurant op die stand se combo vis, chips en calamari is 'n wenner. Dis waarde vir geld en teen R140 kan 2 mense regtig heerlik smul. Well done vir Sea Shack! Vriendelike mense!"
"Pragtige skoon strand en lekker vis geëet by die Sea Shack. Lekkerste draairoomys daarna, al was ons dik geëet."