Resensies van South Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 66 resensies.
Hannes R. - 8th May 2021
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Regte ou dorpie met baie histories geboue. Besoek die Hungry Ghost - baie lekker burgers.
Ferdi E. - 22nd April 2021
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Uniondale is 'n mooi skoon en goedversorgde dorpie, in teenstelling met talle ander plattelandse dorpe wat jammerlik deur hul plaaslike munisipale besture klaaglik verwaarloos en wanbestuur word. In hierdie opsig troon Uniondale bo die ander uit en vertoon vooruitstrewend.
Willie V. - 27th March 2021
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Is daar 'n gemeenskapsprogram in plek om die behoeftes van kinders aan te spreek?
Philip D. - 21st January 2021
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Netjiese dorpie.
Kobus B. - 12th January 2021
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Besoek die omgewing en spandeer tyd. Daar is baie om te verken.
Yaacov Francois H. - 11th January 2021
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Dit is 'n plek waar daar eenheid bewerk word!
Gras K. - 14th December 2020
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Pragtige, skoon en mooi dorp.
Marietjie T. - 19th November 2020
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Mooi dorp met goeie paaie.
Cherie V. - 20th October 2020
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Sou 'n groter keuse eetplekke met traditionele kosse wou sien. Ook snuffelwinkels en antieke en versamelaarswinkels. Moes Willowmore toe ry.
Hannes T. - 26th September 2020
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Pragtige omgewing.
Thys L. - 16th March 2020
staying in Suid-Kaap
Ry die Prince Alfredpas, ek waarborg jou jy praat nie weer oor bakkies en rugby by 'n braaivleis vuur nie!
Stephen A. - 17th January 2020
staying in Suid-Kaap
Lovely mountain area with plenty of scenic mountain passes and wonderful sites to visit.
Johan B. - 13th January 2020
staying in Suid-Kaap
Stilbaai is onverbeterlik.
Johan D. - 6th January 2020
staying in Suid-Kaap
Suid-Kaap is wonderlik, maar Uniondale is godverlate.
Jeni S. - 6th January 2020
staying in Suid-Kaap
Love it!
Martin S. - 3rd January 2020
staying in Suid-Kaap
Suid-Kaapse dorpe is skoon en netjies. Uitstekende paaie. Altyd 'n plesier om daar te kuier.
Rudolph F. - 2nd January 2020
staying in Suid-Kaap
Baie mooi.
Sam B. - 2nd January 2020
staying in Suid-Kaap
Pragtig, lekker grondpaaie.
Gerhard N. - 31st December 2019
staying in Suid-Kaap
Ek love die Suid-Kaap.
Amy W. - 25th December 2019
staying in Suid-Kaap
Laat 'n mens rus.
Adam B. - 1st December 2019
staying in Suid-Kaap
Die Suid-Kaap bied iets van alles vir almal - veral wat die natuurskoon betref.
Braam B. - 14th November 2019
staying in Suid-Kaap
Dit is 'n deel van SA wat ek meer en meer besoek. Dit lyk of die munisipaliteite nog dorpe skoon hou en die area is baie mooi.
Charlene R. - 1st October 2019
staying in Suid-Kaap
Ek hoop julle kry reën.
Helene D. - 26th August 2019
staying in Suid-Kaap
Kosbare wêreld!
Lou P. - 25th August 2019
staying in Suid-Kaap
Die Karoo is nog steeds baie gasvry; mens hoop daar is genoeg toerisme om plekke soos hierdie in stand te hou, maar nie soveel dat dit die infrastruktuur oorweldig nie!
Johan R. - 15th August 2019
staying in Suid-Kaap
Pragtige natuur en berge. Interessante geskiedenis, pragtige ou geboue en museums om te sien. Amateur-fotograaf se droom.
Anna-marie V. - 4th July 2019
staying in Uniondale, Suid-Kaap
'n Skoon, interessante en vriendelike dorp. Moenie net deurry nie, spandeer 'n paar nagte en verken en geniet die dorp.
Peter B. - 24th April 2019
staying in Uniondale, Suid-Kaap
As jy van spookstories hou is Uniondale net die bestemming vir jou. Skoon dorp met goeie eetplekke.
Johan S. - 17th April 2019
staying in Uniondale, Suid-Kaap
'n Baie mooi dorpie.
Izak Petrus O. - 6th April 2019
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Pragtige netjiese dorp.
Wicus G. - 1st March 2019
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Ons het heerlike Bobotie geniet in African Aloe, my dag gemaak! Daarna hul golfbaan besoek, ongelooflik vir 'n Karoodorpie.
David C. - 12th January 2019
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Baie klein dorpie en kan alles in een middag besigtig. Die ideale plek om net oor te slaap. Al die winkels was al om 15:00 gesluit en net 1 restaurant om aandete te nuttig, maar dis deel van die hele ondervinding. Het die verblyf baie geniet.
Ella H. - 17th December 2018
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Oulik, maar kort meer bemarking.
Wim V. - 12th December 2018
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Dis 'n jammerte (eintlik 'n skande!) dat daar nie van owerheidskant meer gedoen word om die dorp en omgewing se ryke geskiedenis 'n bietjie uit te dra nie.
Hendrik D. - 16th October 2018
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Baie rustige en veilige dorp om te oornag.
Johan G. - 10th October 2018
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Ek kan nie enige uitstaande kenmerke van Uniondale onthou nie, behalwe dat die omgewing pragtig is, maar ons het slegs daardeur gery op pad na Marthinusberg.
Toni C. - 1st October 2018
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Pragtige dorpie, net baie koud in die maande wat ons dit besoek.
Rika D. - 9th July 2018
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Dit is opvallend dat Uniondale as toeristedorp gewild is. Huise, erwe en strate vertoon netjies. Die bergfietstoer wat einde September hier begin (Karoo to Coast) is natuurlik 'n belangrike item op die kalender. Die enigste negatief is die aantal jong bedelaars wat ons lastig geval het. Gemeet aan die selfvertroue van die bedelaars kan ons net aanneem dat genoeg toeriste hulle beloon met 'n paar sente vir 'n brood.
Helmine C. - 4th June 2018
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Die dorp is baie skoon en die inwoners doen moeite om dit vir toeriste aantreklik te maak.
Rian J. - 14th May 2018
staying in Uniondale, Suid-Kaap
Mekka van die Karoo To Coast fietswedren, dis wat ons daar gaan maak het, op ons eie!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za