Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 447 reviews.
"Sutherland is 'n regte dorpie en 'n mens hoop dit sal altyd so bly. Die stofstrate, die gelui van 'n kerkklok, die flou straatligte is alles dinge wat Sutherland uniek maak. Die inwoners is baie vriendelik en 'n mens voel sommer net tuis."
"Sutherland was 'n aangename ervaring. Maak 'n draai (bespreek 'n toer) by die SAAO-tuiste van die SALT-teleskoop en eet ietsie in die dorp. Eet gerus by die "Ou Meule" - lekker kos en stewige porsies. "
"Dis 'n mooi dorpie en die SALT maak dit n volledige pakket vir 'n paar dae se rus."
"As 'n mens die Karoo en hul mense wil beleef, is dit die plek om heen te gaan. En natuurlik die sterre was asemrowend."
"Baie interessant vir twee tot drie dae se besoek. Vriendelike mense, oral hartlik ontvang."
"Sutherland is definitief 'n dorpie om te besoek. Natuurlik was SAAO en SALT die hoogtepunt van ons besoek. Sal dit verseker aanbeveel."
"Die SALT is die oorhoofse trekpleister, ook so die hemelruim en sterre. Die dorpie is skoon en netjies. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Lekker eetplekke. Kies maar eerder die teerpad vanaf Matjiesfontein na Sutherland. Die ander roetes is grondpaaie wat 'n uitdaging is, selfs vir 'n SUV. "
"Dit is 'n baie rustige omgewing en baie klein dorpie. Maak seker dat jy al jou inkopies het of klaar gekoop het teen Vrydag. Pak warm en koeler klere want die weer wissel nogal baie. Besoek die White House Inn and gaan kyk die sterre! Dit is rêrig die beste plek om dit te doen. As jul graag sneeu wil sien, moet nie in Julie Sutherland besoek nie. Pak lekker tekkies in vir stap en gaan saam met iemand wie se geselskap jy rêrig geniet. Sutherland is rêrig die plek om te ontspan en bietjie weg te breek. "
"Ons is baie bly dat ons by Jurg Wagenaar se Sterland gaan sterre kyk het. 'n Onvergeetlike ervaring wat mens nooit aan iemand anders kan beskryf nie. Dit is 'n MOET! Die SALT teleskoop is indrukwekkend, maar die hele dagtoer is vervelig in vergelyking met die vorige aand se ervaring. "
"Sutherland is pragtig en het 'n heerlike atmosfeer. 'n Besoek aan SALT en Jurg Wagenaar by Sterland asook die NG Kerk is sterk aan te bevele."
"Rustig en vredig. Reël jou toer sodat jy gedurende die week op die dorpie kan rondstap. Daar is baie te sien maar Sondae is alles toe."
"Ek het 'n lang verbintenis met Sutherland. Maar die gebrek aan 'n snoesige warm coffee shop in die dorp waar 'n mens warm koffie kan drink en melktert kan eet, is jammer. Veral in die winter. "
"We went to see the "star gaze" project, and it was very interesting indeed. Sutherland is a very friendly place, and everything you need for a weekend getaway."
"Dis 'n baie skoon netjiese dorpie. Die SALT was ongelooflik, en dit is die eintlike rede hoekoms ons Sutherland besoek het. "
"Sutherland is baie meer as net sterrekyk. Sou definitief nog so paar dae daar wou spandeer om die res te sien en te beleef."
"Baie goed vir 'n stille wegbreek. Die SALT is die moeite werd om te besoek, en ons wil graag een van die "8-midnight" aande probeer."