Geverifieerde Resensie

Tsitsikamma

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tsitsikamma bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 83 resensies.

Joubertina, Tsitsikamma

Semane Lodge

"Baie lekker ontbyt gaan eet."

Joubertina, Tsitsikamma

Bethany Farm

"Baie interessant, rustig en stil maar baie kunstige mense en plekkies om te besoek. Wens ons kon langer gebly het."

Joubertina, Tsitsikamma

Semane Lodge

"Soveel anders as wat ons verwag het. Mooi groot slaghuis en alles wat mens nodig het is in die mini mark. 'n Mooi boere dorp met vrugtebome en baie Toyota bakkies."

Krakeelriver, Tsitsikamma

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"Baie vriendelike mense en pragtige omgewing!"

Joubertina, Tsitsikamma

@ R62 Langklip Estate Game Farm

"Heerlike ontbyt by Joub geëet. Langkloof is pragtig."

Joubertina, Tsitsikamma

Semane Lodge

"Klein dorpie met 'n rustige atmosfeer. Jy gaan soontoe om van die stad af weg te kom. "

Joubertina, Tsitsikamma

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"Don't miss out on a visit to Kontrei Kombuis for the best "roosterkoek" ever! "

Joubertina, Tsitsikamma

Bethany Farm

"Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer."

Joubertina, Tsitsikamma

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."

Joubertina, Tsitsikamma

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"Dit sal lekker wees as daar bergfietsroetes was."

Joubertina, Tsitsikamma

Bethany Farm

"Klein plaasdorpie. Ongerepte natuur. Pragtige plek vir die natuurliefhebbers. Sal net nie aanbeveel dat enige families na die restaurant The Belfry Kitchen toe gaan met klein kindertjies nie. Kinders is glad nie welkom daar nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam op die plaas. Die haaswinkeltjie verkoop heerlike beskuit en vyekonfyt."

Joubertina, Tsitsikamma

Mount Africa

"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."

Joubertina, Tsitsikamma

@ R62 Langklip Estate Game Farm

"Ons was nou nie baie in die dorp self nie, maar dit is 'n pragtige plek."

Krakeelriver, Tsitsikamma

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"Pragtige wêreld, rustig en ontspannend!"

Joubertina, Tsitsikamma

@ R62 Langklip Estate Game Farm

"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"

Joubertina, Tsitsikamma

@ R62 Langklip Estate Game Farm

"Natuurskoon is asemrowend mooi."

Krakeelriver, Tsitsikamma

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."

Krakeelriver, Tsitsikamma

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"

Blad
Blad 3 - Wys 61 tot 83
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang