Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Victoria West

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Victoria West bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 468 resensies.

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Die waardering vir die geskiedenis en mooi geboue sal ek beslis aanbeveel. Ons het vanaf Victoria-Wes na Loxton gery - die mooiste kerk, die Rooi Granaat en Deon Meyer se huis. Daarna het ons deur Carnavon gery en die afdraai na die SKA geneem om na die satelliete te gaan kyk (besig met padwerke op die oomblik)."

Victoria-Wes

Tuis Huis

"Goeie halfwegstasie tussen Gauteng en die Kaap."

Victoria-Wes

De Oude Scholen

"Egte Karoodorp."

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Mooi dorpie in die hartjie van die Karoo. "

Victoria-Wes

Marseilles Farm Guest House

"Ons is baie lief vir die Karoo en Victoria-Wes is 'n pragtige skoon dorp. "

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Daar is 'n sekere bekoring aan die dorpie wat dit een van my gunsteling oornagplekke maak wanneer ek Kaap toe reis."

Victoria-Wes

Marseilles Farm Guest House

"Klein, lieflike dorpie. Het die Karoo Deli besoek - pragtige plekkie."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Ons was mal oor die dorpie, maar wens daar was nog 'n eetplek wat aandete voorsien."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Ons het lekker "lamb shank" by die Merino restaurant (die enigste in die dorp) geëet. Ek sou sê nog 'n koffiewinkel en merino produkte as "arts & crafts" sal ook 'n aanwins wees. Ons het egter net oornag en nie baie tyd in die dorp spandeer nie."

Victoria-Wes

The Hudson Guesthouse & Suites

"Victoria West, moet in samewerking met al drie vlakke van die regering, die dorp bemark as 'n kultuur-historiese ervaring. Dit kan bydra tot werkskepping in die toerismebedryf, en 'n toekoms bied vir die inwoners."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Mooi plekkie met baie historiese waarde."

Victoria-Wes

Marseilles Farm Guest House

"Lekker Karoo stilte. Die hartland van die Karoo. Die Merino restaurant hier het jare lank al die lekkerste afval. Die gholfklub verwelkom enige persoon hartlik vir 'n bier of pot gholf."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"We did not have time to explore the town and surroundings, but from what we saw, it looks very interesting and would like to stay at De Oude Pastorie again for a few days to explore the town and surroundings."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"'n Moet om daar te gaan kuier en al die wonderlike klein onbekende juwele te gaan ontdek. Pragtige dorp. "

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Baie mooi dorp met 'n rustige atmosfeer. Ons het baie lekker geëet by die Merino Restaurant. Pragtige Karoo argitektuur."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Mooi historiese dorp met pragtige Karoo argitektuur. Dit lyk asof die nuwe munisipale raad ekstra moeite begin doen oor netheid en ontwikkeling. Definitief die moeite werd om hier oor te bly. Besoek ook die Kingwill Deli en Coffee shop! En daar is 'n staproete op die berg."

Victoria-Wes

Camp Nguni

"Aanwysings op die dorp kan verbeter word sodat reisigers presies weet waar om af te draai na die verskeie oornaggeriewe."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Slaap gewoonlik net oor in Victoria-Wes. Weet nie rerig wat mens kan sê vir dit as 'n 'toersitebestemming' nie. Die skaap daar is wel altyd uit die boonste rakke! Liplek-lekker!"

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Was laatmiddag toe ons daar aangekom het, maar die natuurskoonheid met die berge rondom was pragtig. Na 'n reis van die verre Noord-Kaap tot hier en die baie reën was die wêreld wonderlik om te aanskou. Sou baie graag meer wou sien, definitief volgende keer."

Victoria-Wes

Kingwill's Guest House

"Dis 'n pragtige dorpie."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Gaan verken gerus die historiese en geologiese besienswaardighede."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Stil plekkie wat rustigheid bring."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"Voorwaar 'n netjiese en skoon dorp. "

Victoria-Wes

Leeuwfontein Guest Farmhouse

"Interesting old town architecture from late 1800s."

Victoria-Wes

Chanmari Accommodation

"Klein interessante dorpie."

Victoria-Wes

De Oude Pastorie Gastehuis

"'n Goeie stilhou- en oorblyplek in 'n interessante deel van die land - dit word baie warm in die somer en kokend in hittegolftoestande."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Eetplekke op 'n Sondagaand is skaars."

Victoria-Wes

Moonlight Manor

"Dis 'n ou dorpie waar jy eintlik net kan rus."

Blad
Blad 15 - Wys 421 tot 450
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem