Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.58 uit 5 gekry volgens 39767 resensies.
Isel D. - 7th January 2018
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Mosselbaai self is 'n baie mooi stukkie natuur om te besoek en baie in die omgewing om te doen en te sien. Die ligtoring was 'n hoogtepunt en ook die Diaz museum! Sonsopkoms is asemrowend op die punt en mense van omgewing is baie vriendelik en meestal in Afrikaans begroet! Awesome!
Rina M. - 7th January 2018
staying in Keurboomstrand, Wes-Kaap
Parkering is 'n groot problem en as jy daar wil eet in hoog seisoen moet jy vroeër in die middag gaan anders sal jy teleurgestel wees met die lang wagtydperk.
Alti K. - 7th January 2018
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Fantastic.
Mariaan D. - 7th January 2018
staying in Franskraal, Wes-Kaap
Baie netjies en stil. Ons sou graag met vrymoedigheid die honde op 'n gedeelte van die strandgebied laat rondhardloop.
Ruan O. - 7th January 2018
staying in Weskus, Wes-Kaap
Die Weskus sal altyd vir my ‘n unieke ervaring gee wat ek nie op enige ander plek in Suid-Afrika sal kry nie. Oor daardie rede sal ek weer terugkom, oor en oor.
Johanita N. - 7th January 2018
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Pragtige dorpie en alles binne loopafstand.
Ané V. - 7th January 2018
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Dorpie propvol geskiedenis en plaaslike mense hulpvaardig.
Lynn S. - 7th January 2018
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Vandat ons Desember daar vakansie gehou het, wil ons self graag ‘n huis daar koop! Dis ‘n wonderlike bestemming met ‘n skoon wit strand wat aangaan en aangaan. Die seewater is lekker warm. Die dorpie is ideaal vir vakansiegangers wat wil wegkom van hustle en bustle, maar is ook naby genoeg aan George sou jy die winkelsentrum wil besoek.
Andries D. - 7th January 2018
staying in L'Agulhas, Wes-Kaap
Dusty road to southern most tip of our beautiful continent needs serious attention.
Malie G. - 7th January 2018
staying in Voëlklip, Wes-Kaap
Voelklip is een van die top vakansiebestemmings in Suid-Afrika, kransstappad, pragtige strande, berg om te verken. Ek voel my jong tienerkinders kan hier nog veilig en onbevange speel en kinders wees.
Rehard S. - 7th January 2018
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Dit is een van die mees asemrowende vakansieplekke.
Lisle B. - 7th January 2018
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Baie vriendelike mense waar jy ookal gekom het.
Jeanne K. - 7th January 2018
staying in Jongensfontein, Wes-Kaap
Dis ons plek!
Christa J. - 6th January 2018
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Absoluut die mooiste, skoonste, vriendelikste dorpie, ons het almal ons harte daar verloor, het net te min tyd gehad maar sal volgende keer langer bly verseker.
Joslyn L. - 6th January 2018
staying in Bodorp, Wes-Kaap
Hoogs aanbeveel.
Grant V. - 6th January 2018
staying in Clanwilliam, Wes-Kaap
The people are friendly. Climate is quite humid. A 4 hour drive out of Cape Town but it was definitely worth it.
Xanthe D. - 6th January 2018
staying in Pinehurst, Wes-Kaap
Mooi skoon en veilige gebied veral 'n plek vir kinders, het baie veilig gevoel.
Rudi V. - 6th January 2018
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Dit bly die heerlikste plek om te wees. Soveel vriendelikheid en rustigheid!
Ruth M. - 6th January 2018
staying in Saldanha, Wes-Kaap
Ek sal dit sterk aanbeveel. Sentraal geleë vanaf noemenswaardige kusdorpies.
Ella D. - 6th January 2018
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Absoluut pragtig en die walvisse gee gereeld 'n vertoning in die baai. Voëlkykers sal dit ook baie geniet.
Ina D. - 6th January 2018
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Die pragtigste dorp in die Kaap.
Eben O. - 6th January 2018
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Somerset Wes is sekerlik een van die plekke in die Wes-Kaap wat baie sentraal geleë is tussen bekende toerisme attraksies soos Stellenbosch, Kaapstad, Simon Stad, Gordon's Baai en Hermanus, maar. ek voel Somerset-Wes het baie meer on te bied aan elke toeris se smaak en gevoel as wat ons almal te siene kry op hulle algemene toerisme bemarking. Soms wil akkommodasie bestemmings toeriste probeer hou in hul areas vir ten minste 2 dae, maar Somerset-Wes het genoeg interessante en avontuur geleenthede beskikbaar om gaste vir n hele week te vermaak. Ek hoop die "local" toerisme raad lees die ene want ek is bereid om te help hiermee, andersins is dit n skoon, veilige en toegangbare dorp.
Conrad J. - 6th January 2018
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Nie 'n toeriste bestemming nie, maar gemaklike area vir 'n wegbreek.
Zakira S. - 6th January 2018
staying in Britanniabaai, Wes-Kaap
If you are looking for a quiet break from the city, this is the place to go.
Wilma P. - 6th January 2018
staying in Murraysburg, Wes-Kaap
Goeie oornagplek tussen Gauteng en Kaap.
Nazmeera H. - 6th January 2018
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Langebaan is always a very relaxing area and very safe. You don't need to worry about your kids or your belongings. People in the area are always very welcoming to visitors and there's enough activities around for all ages.
Adri V. - 6th January 2018
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Pragtige plek vir toeriste, ek sal beslis terugkom.
Cheryl B. - 6th January 2018
staying in Brackenfell, Wes-Kaap
Because my family is in Southern Suburbs and I needed to be there most of the time - so not sure how to rate it.
Megan D. - 6th January 2018
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Baie lekker vakansiedorp.
Bianca B. - 6th January 2018
staying in Kleinbaai, Wes-Kaap
Kleinbaai is 'n wonderlike stil geleë plekkie teen die kus by die hawe. Mense is vriendelik en laat mens beslis welkom voel.
Natalie S. - 6th January 2018
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Love it, even in busy season it doesn't feel busy.
Brigitte E. - 6th January 2018
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Lekker rustige dorpie.
Antoinette D. - 6th January 2018
staying in George, Wes-Kaap
Skoon, netjies en daar is alles waarna jy soek.
Willy R. - 6th January 2018
staying in Vishoek, Wes-Kaap
Vishoek is baie sentraal en naby al die besienswaardighede.
Jacques V. - 6th January 2018
staying in Onrus, Wes-Kaap
Baie gemaklik en baie om te sien en te doen in en om die omgewing.
Andrew C. - 6th January 2018
staying in Montagu, Wes-Kaap
Baie interessante dorp met baie om te sien.
Michael C. - 6th January 2018
staying in Stanford, Wes-Kaap
Verrassende, koddige plekkie met klomp restaurant keuses!
Nazlee M. - 5th January 2018
staying in Constantia, Wes-Kaap
Great break away from the city while in the city.
Nazlee M. - 5th January 2018
staying in Riebeek-Wes, Wes-Kaap
Pragtig pragtig pragtig.
Stiaan A. - 5th January 2018
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Baie mooi dorpie. Weskus is die beste!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]