Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 34288 resensies.
Kerry W. - 7th January 2017
staying in Nuweland, Wes-Kaap
Lovely suburb, central and safer than most. Traffic was a bit nightmarish on the days of the cricket test but it can be avoided with planning.
Emercia D. - 7th January 2017
staying in Riversdal, Wes-Kaap
Ons het net oornag en nie die dorp verken nie. Was wel vir inkopies by die baie lekker Spar.
Agnes Hiel H. - 7th January 2017
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Lekker gesellige stadjie!
Salome L. - 7th January 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly!
Lidia G. - 6th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Indien jy oor Desember gaan en graag die grotte wil gaan kyk, onthou om te bespreek.
Louise N. - 6th January 2017
staying in Bellville, Wes-Kaap
Aangesien ons kinders in Boston/Bellville woon, is dit vir ons die ideale bestemming.
Madeleine J. - 6th January 2017
staying in Britannica Heights, Wes-Kaap
Natuurskoon, veld is mooi ongerep.
Pieter W. - 6th January 2017
staying in Darling, Wes-Kaap
Sentraal geleë, skoon en veilig.
Wikus C. - 6th January 2017
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Baie netjiese dorp.
Zelda V. - 6th January 2017
staying in Groot-Brakrivier, Wes-Kaap
Groot Brakrivier, die beste plek ooit, die beste ligging en jy kan orals heen loop.
Janine L. - 6th January 2017
staying in Muizenberg, Wes-Kaap
Mooi en baie om te doen. Die hawe verkoop vars vis. Klomp lekker winkeltjies om in rond te loop.
Anne-marie K. - 6th January 2017
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Mooi wêreld, net jammer oor die brande. Andersins is Somerset-Wes naby alle besienswaardighede en die paaie is fantasties.
Cornel V. - 6th January 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Hermanus is een lieflike dorp met gawe mense en die mooiste see-uitsigte ooit!
Elsa D. - 6th January 2017
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Dis een van ons gunsteling vakansiebestemmings in die Kaap en ons sal definitief weer gaan.
Susan V. - 6th January 2017
staying in Dwarskersbos , Wes-Kaap
Pragtige plek en sal dit graag weer wil besoek.
Freddie B. - 6th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Pragtige dorp met vriendelike mense en pragtige ou geboue.
Martin H. - 6th January 2017
staying in Sedgefield, Wes-Kaap
Baie lekker. Goeie swemstrand, naby George en Knysna.
Russel W. - 6th January 2017
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Langebaan is great for a short holiday. All the ocean activities are depended on the weather. It's a holiday destination but there were a few fast food places that closed early which was a not so good, as there are not that many eating places.
Andre D. - 6th January 2017
staying in Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Sal dié plek weer besoek.
Paul C. - 6th January 2017
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Wes-Kaap
Baie netjies en veilig.
Esme V. - 6th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Oulike dorpie met baie om te doen.
Bertus E. - 6th January 2017
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Ideaal geleë vir vinnige besoek by Mosselbaai met die N2 snelweg so naby. Die strand self is gerieflik en naby.
Rentia V. - 6th January 2017
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Wonderlik!
Kewen W. - 6th January 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Very nice holiday destination.
Gerty D. - 6th January 2017
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Pragtige plek, naby Somerset-Wes, ensovoorts. The Thirsty Oyster restaurant is 'n moet net oor die straat!
Leon V. - 6th January 2017
staying in George, Wes-Kaap
Dis baie mooi en baie skoon en die mense is baie vriendelik. Ek sal enige tyd daar wil woon.
Tarina D. - 6th January 2017
staying in Dwarskersbos , Wes-Kaap
Egte Weskusdorpie met opregte en vriendelike mense.
Jolize A. - 6th January 2017
staying in Robertson, Wes-Kaap
Heerlike wynplase - Graham Beck en Spingfontein, asook Karnskop en De Wetshof.
Theuns B. - 6th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Ons is mal oor Oudtshoorn. Gaan gereeld soontoe en sal weer gaan. Lekker dinge om met die kinders te doen en net te ontspan.
Wendy V. - 6th January 2017
staying in Paarl, Wes-Kaap
Paarl se ligging is ongelooflik naby baie interessante besienswaardighede.
Abigail T. - 6th January 2017
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Hierdie dorpie is lekker sentraal vir uitry na die verskillende strande toe. Sal definitief weer daar 'n draai maak.
Rose M. - 6th January 2017
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Perfect location with all of the necessary amenities.
Lourens R. - 6th January 2017
staying in Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Dit was vir ons 'n baie lekker dorp om in te bly. Dit is ook nie te ver van ander kusdorpe soos Langebaan en Patenoster af nie.
Bubs G. - 5th January 2017
staying in Paarl, Wes-Kaap
Pragtige dorp.
Iloma M. - 5th January 2017
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Wat Port Owen so lekker maak is dat dit nie deur honderde dagbesoekers bestorm word soos ander plekkies in die Weskus nie.
Christian W. - 5th January 2017
staying in Silversands, Wes-Kaap
As ons nou praat van die naaste strand, was die parkering daar 'n nagmerrie. Dis baie klein en beperk wat daartoe gelei het dat die bestuuder langsaan ons haar deur teen ons voertuig gestamp het. Die toilette daar laat veel na wense oor, bv. geen storte om die sand af te spoel na jy van die strand terugkeer nie. Andersins was die strand pragtig, vreedsaam en skoon.
Carol C. - 5th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
'n Pragtige ou dorp.
Magriet P. - 5th January 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Vriendelike mense. 'n Rustige oornagomgewing.
Hendrik M. - 5th January 2017
staying in Nature's Valley, Wes-Kaap
"Nature's Valley" is presies wat die naam vir jou sê: beeldskone natuur wat weggesteek is van al die stadsgeraas. Die see, lagoon, wandelpaaie, kanovaart, visvang, natuurskoon met asemrowende uitsigte, als is daar. Dit is vêr genoeg vanaf al die 'har-war' van die besige dorpe, maar naby genoeg om gou dorp toe te ry indien mens iets benodig. Daar is 'n winkeltjie en restaurant met die mees basiese benodighede op die dorpie self, asook ander eet en kuier plekkies in die nabyheid. Hierdie is beslis nie die plek vir die persoon wat van die stadslewe, winkelsentrums en kuierplekke hou nie, dit is presies die teenoorgestelde: natuurskoon, rustigheid, familietyd, rustyd ... hier kan 'n mens die Skepper se handewerk beleef.
Henelia J. - 5th January 2017
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Wat Gordonsbaai ook baie aantreklik maak is die feit dat hy baie sentraal geleë is van 'n verskeidenheid bestemmings.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za