Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Sad to see how Covid has played havoc in the tourist industry. Restaurants closed, shops closed, B&B's closed - a bad state of affairs"
"Bedelaars bederf 'n mens se toeriste-ervaring, ten spyte daarvan dat 'n mens deernis met hulle omstandighede het."
"Kaapstad het baie mooi en interessante plekke om te besoek, soos Kirstenbosch Botaniese Tuine, die Bo-Kaap met die baie mooi gekleurde huisies en Canal Walk. Baie het die Waterfront by ons aanbeveel, maar ons het Canal Walk meer geniet."
"Kaapstad het sekere plekke wat baie mooi is en wat mens baie kan geniet. Kirstenbosch Botaniese Tuine, die veelkleurige huisies van die Bo-Kaap en Canal Walk is plekke wat die moeite werd is om te besoek."
"Die Cederberge, rooibostee, sitrus-industrie en die vallei om die dorp maak 'n kuier die moeite werd."
"Ons was baie teleurgesteld dat in 'n dorp, waar die pragtige historiese Kerkstraat sentraal staan as 'n toeristebestemming, nie een van die museums in die straat Saterdagmiddag oop was nie."
"Ek is daar gebore en het daar skool gegaan. Ons was daar vir my 60ste reünie. Die museum is 'n moet. Moenie vergeet van die wynplase nie."
"Maak seker dat Kaapstad 'n moet op jou emmerskoplysie is. Voorwaar trots op hierdie juweel van 'n toeriste-bestemming en welgedaan aan die plaaslike musipale regering vir 'n skoon en veilige internasionale hawestad."