Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Maak seker dat Kaapstad 'n moet op jou emmerskoplysie is. Voorwaar trots op hierdie juweel van 'n toeriste-bestemming en welgedaan aan die plaaslike musipale regering vir 'n skoon en veilige internasionale hawestad."
"Rustig, interessant en perfek vir asemskep, ontspan en weer stadig leef."
"Paternoster is ons gunstelingwegbreekplek aan die Weskus. Die dorp se kultuur is uniek en daar is 'n groot verskeidenheid restaurante en winkeltjies. Die strande is lank en waarlik pragtig. Die sonsondergange is onverbeterlik. Regtig 'n great plek vir 'n romantiese wegbreek."
"Hierdie tyd van die jaar met die bloeisels in bot is dit vir seker 'n mooi plek om in te wees."
"Lieflike dorpie. As jy rustigheid en natuurskoon soek is dit die plek vir jou. Vissersdorpie-atmosfeer op sy beste veral in kreefseisoen. Sal weer en weer teruggaan. Ander mooi strande bv Yserfontein/ St Helenabaai/ Langebaan is lekker naby as jy net wil ry om te gaan kyk."
"Baie pragtige plek, net die winkels en vulstasies wat so vroeg toemaak."
"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"
"Ek was heel verbaas, die hele dorp is vriendelik, kan gaan stap sonder om onveilig te voel, baie lekker strand en restaurantjies in die omgewing. Verder is george naby en Sedgefield."