Verified Reviews

West Coast

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast

Rated 4.5 out of 5 based on 6672 reviews.

Britannia Bay, West Coast

Accommodation @ Sea Trader

"Pragtige omgewing en strande. Baie privaat."

Paternoster, West Coast

Sandals

"Pragtige dorp, net jammer dat Tietiesbaai se kampterrein so swak bestuur word."

Jacobs Bay, West Coast

Koekemakranka

"Baie lekker plek om vakansie te hou met jonger kinders. Veilig en vriendelik."

Jacobs Bay, West Coast

De Ware Jacob

"Die blomme was pragtig om te aanskou."

Lamberts Bay, West Coast

Bay Plaza

"Was by die Voëleiland, wat insiggewend was, en die museum. Het gaan eet my Muisbosskerm wat ons baie geniet het. Was by Isabellas en Weskuskombuis. Het beide restaurante geniet. Dit was blommetyd en daar was baie geleentheid om mooi fotos van blomme te neem. Ons het die tyd geniet, maar daar is anders nie veel meer warvan ek bewus was om te doen in die dorp nie."

Jacobs Bay, West Coast

Sandkorrel

"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste uitsig oor die see en baai. Die perfekte plek vir 'n rustige naweek of oorslaapplek."

Lamberts Bay, West Coast

Altyd Tuis

"Sal beslis weer daar gaan kuier."

Lamberts Bay, West Coast

Raston Guest House

"Lamberts Bay is a nice little place."

Saldanha, West Coast

12 on Beach

"Dis 'n pragtige dorpie met heerlike vis en vriendelike mense."

Velddrif, West Coast

Netan-El Self-catering

"Alhoewel Velddrif baie na aan my hart lê, is dit altyd 'n wonderlike ervaring, weg van die stadslewe. Die ontvangs van die warmhartige Weskussers is ongelooflik. Jy moet dit self ervaar om te kan waardeer!"

Myburgh Park, West Coast

Accommodation Unwind

"Very beautiful and peaceful area. Excellent breakaway destination to relax a bit. Not too far from the shops and restaurants."

Yzerfontein, West Coast

Log Home

"Stil, rustig, veilig en beskik oor alles wat mens nodig het vir 'n skoene uitskop vakansie."

Paternoster, West Coast

LekkeBly Boutique Loft

"Die restaurante in die dorp is ongelooflik. Sommige besighede is egter besig om besoekers uit te buit met buitensporige pryse en sodoende skiet hulle hulself in die voet. Ons het bv. by Oep ve Koep 'n emalje maatbekertjie gesien teen R450! Dit het ons dadelik laat omdraai, want ons het genoeg kennis van luukse artikels om te besef dat dit skaamteloos te veel is. Ek het verlede week vir 'n Wedgewood vasie van dieselfde grootte R250 betaal."

Klawer, West Coast

Lemoenkloof Farm

"Netjiese dorpie. Lekker Wimpy-ontbyt voor mens weer die pad vat."

Longacres Country Estate, West Coast

Long Acres Bahamas Accommodation

"We would definitely be going back again when we get a chance. Awesome place, neat and clean and so close to all amenities."

Velddrif, West Coast

Die Opstal

"Lekker eetplekke en interessante dinge om te sien."

Port Owen, West Coast

Joan's Place

"'n Pragtige plekkie. Baie veilige area."

Paternoster, West Coast

Aloha 2

"Paternoster is een van die mooiste dorpies met 'n pragtige strand en oulike eetplekkies - die perfekte plek om vakansie te hou! "

Paternoster, West Coast

Sea Shack

"Moenie moeite doen om die Pantie bar op Paternoster te besoek nie. Baie onvriendelike kroegman. Die res van die plekkies is baie mooi."

Yzerfontein, West Coast

Grace's Getaway

"Pragtige dorpie met wonderlike ligging!"

Yzerfontein, West Coast

Breakaway Apartment and Overnight Room

"Rustige plekkie, vriendelike assistente in die winkels wat maklik met jou gesels en hulpvaardig is."

Port Owen, West Coast

Waterfront at The Marina

"Ideaal vir mense wat rustigheid soek. "

Yzerfontein, West Coast

Dolfin House

"We loved the area, no noise pollution. Nice quiet neighbourhood. Good place to retire."

Lamberts Bay, West Coast

Breathe Inn

"Baie rustig vir al vir ouer mense, restaurante is baie goed."

Jacobs Bay, West Coast

Allview Holiday Apartments

"Jacobsbaai is ongelooflik mooi en baie rustig. As jy 'n bedrywige plek soek, is die nie vir jou nie. Daar is nie veel te doen behalwe rus nie! Heerlik. Lekkerste restaurant, beste ribbetjies wat my man nog geëet het."

Paternoster, West Coast

Jongnooientjiesfontein

"Die aangenaamste, rustigste plek in die hele Wes-Kaap. As jy wil rustigheid weg van stad se gejaag af hê, is Paternoster die regte plek."

Lamberts Bay, West Coast

Altyd Tuis

"Die plek Lambertsbaai is 'n geselige plekkie. Net te min onthaalgeriewe en winkels en nie geskik vir 'n wegbreek die tyd van die jaar nie. Dit is te koud en te veel wind."

Page
Page 168 - Showing 5011 to 5040
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers