Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.
"Mense van St Helenabaai is baie hulpsaam en vriendelik. Dorp self ook mooi skoon. Baie plekke om te besoek in en rondom."
"Muisbosskerm is 'n moet, ons het nie veel van dorp gesien nie omdat ons vroegoggend uitgery het na ander plekke en net voor donker teruggekom het."
"Baie mooi plek aan die Weskus. Wind was net ysig koud gewees - ons stappies op die strand bietjie bederf (maar niemand het beheer oor die weer nie!). Baie lekker geëet by die restaurant. Sterk aanbeveel! Vriendelike personeel."
"Die plaaslike bevolking kan met tye baie veeleisend wees en vat nie nee vir 'n antwoord nie. Die hoeveelheid klein kindertjies wat skulpie-kuns verkoop en bedel is nogal kommerwekkend."
"Pragtige stranddorpie met uitstekende restaurante. Maak beslis 'n draai by Kookfontein. Beste ondervinding van ons verblyf in Lambertsbaai."
"Ons was so 'n bietjie teleurgestel in Lutzville, daar was nie opsigtelik veel om die dorp aan te beveel nie."
"'n Mooi dorpie wat goed geleë is op die N7! Daar is ook natuurlik die Klawer Wynkelders. Dit was ook veilig gewees om te gaan stap!"
"We were there on a Sunday and the restaurant we wanted to go to closed at 16:00. A bit too early for us, which was a pity. A quaint little town but does not offer a vast amount of things to do. Perfect for a stop over!"