Geverifieerde Resensie
Wild Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1105 resensies.
"Ek kan nie glo dit het ons so lank gevat om hier te kom vakansie hou nie. 'n Paradys - hierdie tipe juwele in Suid-Afrika moet baie mooi opgepas en deur die toerismebedryf ondersteun word."
"Also very friendly for little kids; nannies and special restaurant for only kids. "
"Mooi dorpie aan die Wildekus. En sommer baie kans om met die plaaslike kultuur in aanraking te kom."
"Oos-Londen is so mooi met die rivier en die mooi huise op die wal van die rivier, dit laat my dink aan Sydney, Australia. "
"Cintsa is beeldskoon. Almal is vriendelik en die natuur om jou is onbeskryflik mooi!"
"In Cintsa West i's n restaurant, Die Dek is sy naam. Puik diens, en kos vir konings."
"Gonubie is 'n aangename vakansiebestemming met als wat jy nodig het in 'n radius van 'n paar kilometer."
"Baie oulike dorp met als wat mens kan aan kan dink om te doen en goeie winkels as jy iets nodig het."
"Gonubie is 'n oulike dorpie as jy baie rustig wil wees en vroeg in die aand by die huis wil wees, aangesien daar nie veel plekkies is om te besoek nie. Die Hemingways Mall in Oos-Londen is 'n moet om te besoek!"