Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 719 reviews.
"Rustig en die Weskus padstal doen die ding. Kos is heerlik en die diens vriendelik en die groentemark by die ingang is 'n bonus. Die strande en strate is skoon en netjies. Hou so aan Yzerfontein."
"Lekker plek! Nie te besig nie, nie te stil nie. As jy beplan om te swem, huur 'n huis met 'n swembad of koop 'n wetsuit, die water is koud! "
"Die mooiste kusdorp, pragtige plekkie langs die see. Baie vriendelike, gawe mense. Ons het elke oomblik daar geniet!"
"Die restaurante moet asb. later oop bly. Dit is 'n baie stil en rustige dorp. "
"Maintain the standard which will attract the people you want to visit & buy in Yzerfontein."
" Mooi area met genoeg om te doen asook net op die gras te sit en na die see en omgewing te kyk en te kyk met boek wat jy gaan vergeet om te lees."
"Netjiese en skoon dorp. Rustig in Oktober. Ideaal vir stedelinge wat wil wegbreek van die gewoel. "
"Stil, rustig, veilig en beskik oor alles wat mens nodig het vir 'n skoene uitskop vakansie."
"Rustige plekkie, vriendelike assistente in die winkels wat maklik met jou gesels en hulpvaardig is."
"We loved the area, no noise pollution. Nice quiet neighbourhood. Good place to retire."
"Ongelooglike skoon plek en laat jou baie veilig voel. Sal vir seker die mooi kusdorpie besoek. Kos vir jou siel."
"A small seaside village that is a short 1.5 hour drive from Cape Town with a lovely walking track along the coastline."
"Hierdie skilderagtige vissersdorpie het baie te bied vir diegene wat graag rondkyk, lekker kuier en heerlike seekos wil eet. Daar is genoeg restaurante wat uitgebreide spyskaarte aanbied en die disse is vars en mooi voorgesit. Die uitsig oor die see is van die mooiste langs die Weskus en die gasvryheid van die mense is eg en hartlik. Die strandjies is netjies en skoon en meestal maklik bereikbaar. Vanuit Yzerfontein kan vele ander interessante dorpe besoek word, en in blomtyd is dit die beste plek om te wees. Vir 'n rustige verblyf is Yzerfontein die regte plek om mens se batterye weer te laai en die kop weer skoon te kry. Yzerfontein is 'n moet vir enigeen wat die Weskus wil verken!"