@ Annie's

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@ Annie's is in Pringlebaai geleë en bied slaapplek vir 6 volwassenes. Daar is ook 'n ruim baba- asook kleuterbedjie beskikbaar. Dit is gemakike stapafstand, so 400 m van die strand af.

Die woonstel het 3 ruim slaapkamers, met 2 badkamers. Die kamers het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens, asook 'n baba- of kleuterbedjie. Linne word voorsien. Bring asb. eie handdoeke en vadoeke.

Die kombuisie is volledig met breekgoed, eetgerei, 'n yskas, mikrogolf, ketel, rooster, koffiefiltreeder, braaipan en tweeplaatstoof met potte, panne en bakke toegerus. Die plek het alles wat nodig is om gerieflik te kuier. Die sitkamer het 'n TV met DStv wat die familieprogramme insluit. Gaste kan op die onderdakstoep met 'n ingeboude braai-area gesellig verkeer.

Daar is nie straatligte in die dorp nie, so gaste kan saans sterrekyk. Onder die regte toestande sal gaste die oseaan kan hoor.

@ Annie's is in die fynbosbiosfeer geleë wat verskeie doendinge soos swem en stap- en voetslaanroetes insluit. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Harold Potter Natuurreservaat met sy 2 natuurlike watervalle in. Gaste kan ook die dorpies in die omgewing gaan verken. Saterdae is daar stalletjies, verskeie restuarante, ‘n Minimart en Pringlebaai is ook die tuiste van Tickle Mouse koekie- en beskuit-bakkery waar gaste op Saterdae oggende heerlike eetgoed kan koop teen verlaagde pryse.
Kom kyk en ontspan heerlik!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ Annie's gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]