by @ R62 Langklip Estate Game Farm | LekkeSlaap
+25

@ R62 Langklip Estate Game Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langklip Landgoed, R62 Langkloof Twee Riviere, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 3
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

@ R62 Langklip Estate Game Farm is op 'n wildsplaas in die skilderagtige Kouga-Wildernisgebied geleë. Die plaas bied gerieflike, basiese safari-verblyf in houthuisies of glanskamptente en 'n hele rits aktiwiteite. @ R62 Langklip Estate Game Farm spog met 'n wegneemeetplek wat ontbyt en aandete bedien, kruie-toere, 4x4-roetes in die instansie se voertuig en wildkyk. Daar is 'n 3,8 km lange grondpad na die landgoed, maar 'n 4x4 is nie 'n vereiste nie. Gaste word wel aangeraai om nie voertuie met 'n lae grondvryhoogte gebruik nie. 'n Bakkie is voldoende.

Die eenhede word omring deur wild wat die ideale safari-atmosfeer skep. Elke eenheid het 'n badkamer, 'n braai-area buite, 'n gasgeiser en sonkragligte (geen Eskom-elektrisiteit). Sommige eenhede het kragopwekkers.

Langklip Estate bied alles, van ontspanningsaktiwiteite tot uitdagende aktiwiteite vir avontuurlustige gaste. Aktiwiteite sluit vierwielmotorfietsroetes (gaste kan hul eie motorfietse saambring), 4x4-roetes, teikenskiet, perdry op 'n buurplaas en begeleide wild- en medisinale kruie-toere in. Daar is ook 'n baars-visvanguitstappie na die Kougarivier.

Hierdie pragtige bosveld-area spog met skouspelagtige inheemse en mak wild, rotse, kranse, fynbosberge, vetplante en valleie vol vrugte. Die area is rustig en tog baie opwindend. Dis ideaal vir gaste wat interessante aktiwiteite wil aandurf en die landskap wil verken. Die plaas is ook net 76 km vanaf die Wolf Sanctuary en zipline, en 58 km vanaf die N2 op die R62 naby die Tsitsikammaberge. Die Tsitsikamma en die Tuinroete kan verken word waneer gaste by @ R62 Langklip Estate Game Farm kuier.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 21 resensies vir @ R62 Langklip Estate Game Farm
Netheid
3.8/5
Diens
3.8/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Langklip Landgoed, R62 Langkloof Twee Riviere, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Gaste dink @ R62 Langklip Estate Game Farm het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langklip Landgoed, R62 Langkloof Twee Riviere, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 3
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYw0z0eoBqTxN299MHUpEr689Fbtu8uJHKQsnGM3up1lHywBbrU?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900  per nag, vir 2 mense 21 5 1 4 Langklip Estate R62 Langkloof Twee Riviere 6410 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -33.816145505328 23.920274066132
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem