@ The Lighthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 4 Des 2019 tot 10 Jan 2020.

Beskrywing

@ The Lighthouse is in Groot-Brakrivier aan die Suidkus van die Wes-Kaap. Dit bied selfsorgverblyf van puik gehalte wat ideaal is vir groot gesinne wat smag na 'n rustige vakansie in hierdie pragtige omgewing. Die eenhede is gerieflik tussen Mosselbaai en George geleë. Daar is verskeie restaurante, winkels en doendinge naby die eenhede en dit is net 'n kort entjie se ry van die strand af.

@ The Lighthouse het 3 aparte, volledig toegeruste selfsorg-eenhede. Twee van die eenhede het 2 slaapkamers en is op die boonste verdieping met 'n gemeenskaplike tuin en oorgenoeg braaigeriewe. Die derde eenheid is op die grondvloer, beskik oor een slaapkamer en is ten volle toegerus vir 2 mense.

Anchor het 2 slaapkamers elk met 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dit het 'n oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en meer. Die leefarea bestaan uit 'n eetarea en 'n sitkamer met gemaklike slaapbank en 'n TV.

Ship's Wheel het ook 2 slaapkamers en die eenheid deel 1 badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, slaapbank en 'n klein sitarea en 'n deur wat na 'n balkon lei met pragtige uitsigte lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n kombuis wat toegerus is met alles wat jy benodig vir gerieflike selfsorgverblyf.

Life Buoy is 'n oopplan-eenheid op die grondvloer met een slaapkamer, 'n ten volle toegeruste kombuis, en 'n badkamer vir 2 mense.

Die verblyf is naby die Suiderkruisstrand en Groot-Brakriviermonding. Daar is verskeie daguitstappies waarop gaste in die omgewing kan gaan, soos gholfspeel, voetslaan in die Tsitsikamma-woude, die Kangogrotte verken en volstruisplase in Oudtshoorn besoek. Daar is ook wynplase en wildkykplekke in die omgewing.

@ The Lighthouse bied ook sy eie bustoerdienste op versoek na enige van die bogenoemde bestemmings. 'n Pendeldiens vanaf George se lughawe is ook beskikbaar indien dit vooraf gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ The Lighthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R750 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 4 Des 2019 tot 10 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za