1 La Perla

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1 La Perla is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Manaba Beach in Margate. Die kompleks is 350 m vanaf Lucien-blouvlagstrand.

Dié woonstel bied verblyf aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed aan die onderkant en 'n enkelbed aan die bo-kant. Die tweede en derde slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n stort het.

Die kombuis is met die nodige toebehore toegerus en het 'n skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër. Die sitkamer is langs die kombuis en het 'n groot rusbank en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, maar gaste moet eie dekodeerder en slimkaart bring. Die leefarea lei na 'n onderdak balkon met 'n etenstafel en sitplek.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braai-areas en veilige parkeerplek. Die kompleks is naby winkels, restaurante, kroeë en ander besienswaardighede en geriewe in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by 1 La Perla sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1 La Perla gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za