1 Silver Ranch

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1 Silver Ranch bied pragtige, ongeskunstelde kothuise op 'n klein wildplaas in die middel van die Tuinroete. Besoekers klop by ons aan om hul batterye te herlaai in 'n rustige omgewing. Al Plettenbergbaai se besienswaardighede is binne 'n 10 km radius: luisterryke swemstrande, interessante winkels en goeie restaurante. En Plett se klimaat is gematig regdeur die jaar.

Die kothuis bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim solder. Elke kothuis het slaapplek vir 8 persone. Die tariewe geld vir 6 gaste en ekstra gaste sal ekstra moet betaal. Dis net 10 minute se stap vanaf Keurboomstrand en Keurboomsrivier. Verder is elke kothuis toegerus met 'n televisie met volledige DStv, linne, eetgerei, breekware en 'n aparte waskamer. Drie motorafdakke is ook beskikbaar.

Die omgewing is uiters vreedsaam en al die kothuise front teen die privaat wildreservaat. Gaste is welkom om gebruik te maak van die gemeenskaplike swembad en ontspanningsgeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by 1 Silver Ranch sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1 Silver Ranch gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za