10 Cormoran

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 Cormoran bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel met 'n gedeeltelike see-uitsig. Dis in die Coroman-strandfrontkompleks in Umhlanga.

Dié woonstel beskik oor 3 slaapkamers en het 'n groot balkon met stoepmeubels en braaigeriewe. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer lei albei na die balkon. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die ander badkamer het 'n stort en 'n toilet.

Die woonstel het ook 'n kombuis en 'n leefarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en 'n wasmasjien toegerus. Die sitarea het 'n TV met DStv en die woonstel het lugversorging.

Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en wassery en gaste het toegang tot onderdakparkeerplek agter 'n veiligheidshek. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe Sondae en openbare vakansiedae.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 Cormoran sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 Cormoran gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za