10 La Mer

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 La Mer is 'n selfsorgwoonstel in die 'n veilige kompleks in Margte se seefront. Dié gebou is ideaal geleë sowat 5 minute se ry van Margate North Beach.

Dié woonstel is op die derde verdieping en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamers deel die tweede badkamer, wat 'n bad het.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met die nodige toebehore om maaltye te kook en daar is ook 'n tuimeldroër, wasmasjien en skottelgoedwasser. Die leefarea het lugversorging, 'n etenstafel met sitplek vir 6, gemaklike banke en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hulle eie slimkaart en dekodeerder saambring.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n asemrowende see-uitsig en gasbraaigeriewe. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek. 10 La Mer is sowat 5 minute se ry vanaf die Hibiscus Mall, restaurante en ander besienswaardighede in dié kusdorp.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 La Mer sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 La Mer gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 452 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za